Leesvordering:

Binnelandse sake stuur nuwe kontaksentrum van stapel

Okt 21, 2016

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het op 19 Oktober 2016 sy departement se nuwe kontaksentrum by die hoofkantoor in Pretoria se middestad bekend gestel. AfriForum verwelkom hierdie inisiatief van die departement.

Volgens die departement is die nuwe kontaksentrum ‘n groot verbetering op die vorige inbelsentrum. Die publiek kan die nuwe kontaksentrum telefonies, via e-pos of deur die departement se webtuiste kontak. Met die vorige inbelsentrums kon die publiek die departement slegs geskakel het.

Volgens Sue-Ann de Wet, AfriForum se projekkoördineerder vir Suid-Afrikaanse Diaspora, het AfriForum talle klagtes van sy lede ontvang. “Dit is ‘n groot frustrasie vir lede wanneer inbelsentrumkonsultante hulle van bakboord na stuurboord gestuur het met geen hulp in sig nie,” sê De Wet. Bykomende klagtes wat ontvang is sluit onder meer die volgende in: onbeantwoorde oproepe, onvoldoende opsporing van navrae en rekordhouding, swak koördinering tussen amptenare, asook swak hantering van navrae.

Die departement het onderneem dat die nuwe kontaksentrum beter dienslewering sal verseker. Dit stel die departement in staat om alle navrae, versoeke vir diensverwante inligting en klagtes doeltreffend te hanteer binne ʼn redelike tydraamwerk. Die kontaksentrum maak van ‘n geïntegreerde databasis gebruik en die operateur kan die vordering van ‘n spesifieke aansoek in die stelsel onmiddellik sien.

Die departement wil ook die huidige stelsel uitbrei deur bykomende databasisse te integreer om onder meer asielsoekers by te staan. Alle inligting van elke persoon wat op enige gegewe tyd in die land is, sal onmiddellik beskikbaar wees. AfriForum sal die vordering van die stelsel met groot belangstelling dophou.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Kyk die ouer garde van ander lande jou snaaks aan as jy nog na hulle as “Oom” en “Tannie” verwys? Langarmsokkie julle nog in die sitkamer op Afrikaanse sokkietreffers? Ons kultuur is meer as net melktert en braaivleis. Wat is daardie klein gewoontes wat jy net...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest