Nuut by LAPA in Julie

In Boeke

’n Skitterende regsdrama, lekkerleesboeke vir die jongklomp en hope liefde, wat anders sou jy verwag van LAPA?

Lees Meer

Nuut by LAPA in Junie

In Boeke

Moenie ons boek oor tradisionele disse mis nie. Asseblief. Vetkoek tot mopaniewurms, als. Boonop so geskryf dat selfs ’n gewone mens die interessante kos kan regkry.

Ons het ’n nuwe Annelie Ferreira in ons lys hierdie maand. Dié gerekende jeugskrywer se boek het ’n lekker titel: Die rooikop, die leeu en die handgranaat.

Lees Meer

Bederf jou generaal hierdie Vadersdag

In Boeke

Hy is die een wat seker gemaak het dat die lae lakke nie sy dogtertjie se hart breek nie, die een wat op koue wintersoggende langs die rugbyveld gestaan het om jou te ondersteun, die een wat jou op sy skouers gedra het in ’n skare.

Lees Meer

Nuut by LAPA in Mei

In Boeke

Daar is ’n nuwe jeugboekskrywers op die rakke: Noleen Nolte. Om te dans vertel van grootword se seer en se soet. Verder is LAPA trots op ’n nuutjie vir ons – Elsa Hamersma se roman, Die mense langsaan, val in die kategorie ‘domestic noir’. Ons het ook uitstekende liefdesverhale, ’n lekker breiboek, ’n kookboek met lipleklekkerresepte vir die winter en heelwat vir die jongspan.

Lees Meer

Nuut op die rak by LAPA Uitgewers – Opwindende nuus!

In Boeke

Ja, LAPA is trots op ons skrywers wat internasionaal naam maak, maar ons skeep nie die Afrikaanse mark af nie. Daar is heerlike vakansieleesstof: Jeannette Stals is terug met die tweede boek oor speursersant Luna, daar is vier opkrullekker Romanzas deur Elsa Winckler, Elize Davies, Frenette van Wyk en Madelein Stoltz, terwyl Madelie Human vir ons ’n heerlike Supperromanza geskryf het.

Lees Meer

Nuut op die rak by LAPA Uitgewers

In Boeke

LAPA het groot boeke in Maart!

  • Ronel Nel spreek kaalkop die haat van “ander” aan – tans ’n belangrike tema
  • Rika Cloete skryf dat daar moordenaars onder die trekboere was
  • HemelBesem nooi jou om saam met hom Afrikaans te praat
  • Wollie Wolhuter deel sy insig in die ballistiek
  • Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer en Leonie Scholtz smeul in die kombuis
  • Tannie Koelsoem en Tannie Flori is terug met ’n nuwe boek
  • Wendy Maartens se diere-atlas is hier.
  • Natuurlik is daar iets vir die jongspan en…
  • Natuurlik het ons lekkerlees-Romanzas!

Lees Meer