’n Huldeblyk aan bobaasspeurder Piet Byleveld

In Rolprente

Suid-Afrika se superspeurder het as inspirasie gedien vir die hoofrol in die spannende Afrikaanse misdaadreeks Die Byl.  

Die tragiese nuus het verlede week gebreek dat ons land se bekendste superspeurder en suksesvolste reeksmoordenaarjagter ná ’n stryd met kanker in die hospitaal oorlede is.

Lees Meer

#MisMyMaatjie – ShowMax

In Blog, Rolprente

maatjie

Dis nou als goed en wel dat jou maatjie besluit het die gras is groener in Nieu-Seeland, of die son is warmer in Australië, of die pond is aantrekliker in Engeland – maar wat moet jy maak as jy jou makker mis? Een plan is om jou maatjie terug te lok Suid-Afrika toe, en kom ons wees eerlik: die rand gaan jou nie help nie. Die beste opsie is om vir jou vriende in die buiteland ‘n 30-dae gratis ShowMax-bewys te gaan skep op maatjie.showmax.com.

Lees Meer

Agent 2000 – Nuwe tienerfilm – Slegs op ShowMax

In Rolprente

Walter du Toit is nie ’n gewone skoolkind van Randburg nie. So ’n bietjie James Bond, so ’n bietjie Sherlock Holmes en ’n groot klomp gesonde houding maak van hom Agent 2000 – ’n geheime agent en speurder wat sy grysstof vir ’n goeie doel aanwend.

In hierdie opwindende speurverhaal moet Walter/Agent 2000 ’n raaisel by die skool oplos: Hy moet die berugte gemaskerde boelie, Die Laksman, voor die einde van die ontgroeningstydperk vastrek.

Lees Meer

Almal wat Suid-Afrikaanse films ondersteun, is wenners!

In Rolprente

Première – 14 November 2015

Groot makietie is op 14 November vanjaar in Brisbane gehou tydens die première van Schuks, pay back the money, wat voorafgegaan is met ʼn heerlike braai en gevolg is met ʼn sokkie tot laat.

Lees Meer

BALLADE PREMIERS STAAN OP ‘N EINDE, MAAR NIE DIE FLIEKSESSIES NIE !!

In Rolprente

Leon van Nierop se toer om Ballade vir ‘n Enkeling te bemark in Australië, loop tot ‘n einde met die laaste premiere vandag op 18 Junie in Cygnet,Wes-Australië.  Suid-Afrikaners in Australië het die laaste twee weke die geleentheid gehad om Leon van Nierop die skrywer van Ballade vir ‘n Enkeling te ontmoet by verskeie premieres en ander geleenthede.

Lees Meer

Boere op die Aardsdrempel

In Rolprente

In ʼn afgeleë gedeelte van Patagonië, Argentinië, is daar ʼn familie – die Dickasons – wat ʼn taal praat van ʼn land wat 7 000 km na die ooste geleë is. Hulle is deel van ʼn 114 jaar oue Afrikaanse Boeregemeenskap – setlaars van Suid-Afrikaanse Nederlandse afkoms wat oor die oseaan geseil het ná die verwoesting van ʼn oorlog met die Britte. Vandag praat minder as 50 steeds die taal en hulle worstel om hul kultuur lewendig te hou. Patriarg “Ty” Dickason, 82, is ʼn cowboy wat nog nooit vantevore in ʼn vliegtuig gevlieg het nie – en tog hunker hy daarna om eendag die land van sy bloed te besoek voordat hy en sy volksgenote tot sterwe kom.

Lees Meer