ONStv: NUUT OP TUISTEATER / VOA / Video op aanvraag of soos in Engels new on VOD

Die nuusbrief is gefokus om vir alle ‘expats’ ingelig te hou met nuus oor nuwe Suid-Afrikaanse flieks. Die wat na teater gaan asook die nuutste wat beskikbaar is om te huur vir tuisvermaak. As jy nie die brief ontvang nie, volg die skakel sodat jy nie uitmis op die volgende ene nie.

http://onstv.net/keep_updated.php

TROMPIE

Onthou jy nog vir Trompie en sy Boksombende? Het jy die boeke gelees en/of die fliek en TV-reeks gekyk?………

ONStv het dieselfde vraag aan hulle Facebook vriende gevra op  2 September en binne n dag of twee het dit ‘viral’ gegaan en vinnig meer as 20 000 mense bereik. Baie opmerkings het gevolg, gaan gee gerus ook jou mening en opinie op die blad: https://www.facebook.com/ONStv

Die vollengte film is digitaal oorgedoen en is nou beskikbaar op http://www.onstv.net/

Hollywood in my huis

Maak seker jy mis nie die nuwe fliek wat nou wêreldwyd gesien kan word op die ONStv se VOD platform nie. Dit sal ook in uitgesoekte teaters wys in Australië. Dit is n voelgoedtienerfliek vir die hele gesin. Die fliek is vrygestel in Suid-Afrika in teaters in Junie en het laasjaar by die Silverskermfees weggestap met die volgende pryse:

KENNER KEUSE – Hollywood In My Huis
GEHOOR-GUNSTELING- Hollywood In My Huis
GEHOOR-GUNSTELING AKTRISE- Christia Visser (Hollywood In My Huis)

Dit is ‘n tienerkomedie met sterk liefdesdriehoekelemente. Jana van Tonder, ‘n doodgewone tiener meisie; n vaal muurblommetjie, ken slegs die lewe in ‘n onderstebo-ouerhuis in ‘n behoeftige spoorwegbuurt. Sy put inspirasie uit die 2004 Oscars toe Charlize Theron gewen het. Dit spoor Jana aan om haar matriekafskeid in haar eie Hollywood-glansgeleentheid te omskep. As aspirant-modeontwerper, het Jana net dertig dae om haar droomrok te maak en om die ideale date wat by die rok gaan pas, te vind.

Dit is ‘n ideale fliek vir die volgende gemeenskap familie get-together. Kontak henning@onstv.net om dit moontlik te maak.

Kyk die lokprent: http://onstv.net/watch.php?id=//player.vimeo.com/video/137337152