Leesvordering:

Geloof: Stukkies hemel op aarde (Deel 4)

Sep 16, 2016

Iets van die deurtrek deur die Rooi See moet hier gebeur

Ek lees weer vanoggend daardie gedeelte in Eksodus 13 en 14 en dink heeltyd by myself dat dit eintlik ʼn merkwaardige prentjie is van hoe dit lyk wanneer ʼn stukkie hemel hier op aarde begin deurbreek.

Kom ek wys jou wat ek in dié verband raakgesien het.

In Eksodus 13:21-22 lees ek: “Die Here het bedags met ʼn wolkkolom voor hulle uit gegaan om vir hulle die pad te wys en snags met ʼn vuurkolom om vir hulle lig te verskaf, sodat hulle dag en nag kon trek. Die wolkkolom bedags en die vuurkolom snags het altyd voor die volk gebly.”

Is dit nie ʼn merkwaardige prentjie van hoe dit lyk as iets van die hemel hier rondom ons begin deurbreek nie! Dan is ons heeltyd so bewus van die Koning van alle konings wat gedurig by ons is, wat ons beskerm en lei.

Daarom bid ek elke dag: Here, maak my so bewus daarvan dat U ook Immanuel is, God by ons, ook nou en hier in my eie lewe! Laat my dit as net so ʼn werklikheid belewe soos die volk dit destyds belewe het.

Dan is daar daardie merkwaardige prentjie in Eksodus 14 wat op sy beurt vir my iets raakvat van hoe dit lyk as ons begin doen wat God ons aansê om te doen met die outoriteit wat ons in Christus Jesus het.

Dan hoor ons hoe God vir ons sê: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red… Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.” (Eks. 14:13-14)

Sien, iets van die hemel breek deur daar waar God self vir en namens ons veg. Daar is ook ʼn punt waar ons net soos Moses moet doen wat God ons beveel om te doen: “…lig jou kierie op en steek jou hand oor die see uit en kloof dit oop sodat die Israeliete op droë grond kan deurgaan.”

Klink dit nie vir jou baie soos om vir ʼn berg te sê om pad te gee of om vir ʼn siekte te sê om sy goed te vat en te loop nie!

“Wanneer Ek my mag laat geld teenoor… sal… besef dat Ek die Here is.” (In die geval van Eks. 14:18: “teenoor die farao, sy strydwaens en hulle bemanning, sal Egipte besef…”) Vul jy nou maar daar in waarmee jy worstel daar op die platform waar die Here jou gebruik om iets van sy koninkryk te laat deurbreek.

In die hitte van die stryd leer ken ons die stuk donker wat nog in ons eie harte is

Met die wedergeboorte het God se koninkryk volkome in ons gees deurgebreek. Nou moet God se koninkryk ook in ons siel en in ons liggaam ten volle deurbreek.

Dit noem God ʼn heiligmakings- en suiweringsproses en dit gebeur daar waar ons in die spervuur van hierdie geveg is.

Hoe goed onthou ek nie my dae in die weermag toe ons in die nagdonker onder vuur was nie!

Dit is daardie tye wat ons iets van die woord daar in Jeremia 17: 9-10 ontdek, naamlik: “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand…”

Of soos Paulus in Filippense 3:7-14 skryf, dit is daardie tye wat jy ontdek: “Maar wat eers vir my ʼn bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ʼn mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.”

Hoe lyk dit wat jy daar in jou hart ontdek in daardie tye wat die hel los is rondom jou?

Gee jy God die geleentheid om jou skoon te maak en jou te help om van al daardie aangeleerde nonsens ontslae te raak of stink dit ene vlees soos jy met mag en mening veg vir jou eie behoud?

Lees ook: Geloof: Stukkies hemel op aarde (Deel 3)

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest