Leesvordering:

Jan Braai vir Erfenis – Seisoen 7

Jul 18, 2017

Bring die braaihout en die -sout, steek die vuurtjie aan en skuif reg vir aksie. Jan Braai vir Erfenis is terug vir ’n sewende seisoen van vleis op die kole wat jou mond gaan laat water. Dié seisoen besoek Jan interessante plekke soos die Timbavati Wildreservaat, die Overberg, Oranjemund in Namibië en Moditlo in die Bosveld. Jan wyk selfs sover uit as Amsterdam om te gaan kyk hoe die Nederlanders Koningsdag vier.

Dit is nie asof dit moeilik is om mense te oortuig om te braai nie, maar in seisoen 7 gaan Jan sowaar uit sy pad! Daar is die Tour de Braai, ’n fietstoer vanaf George al langs die Buffeljagsrivier. Jan en 25 fietsryers vat die pad en vind trap-trap die beste braaiplekke langs die pad. Hulle stop in Oudtshoorn, Calitzdorp, Van Wyksdorp en Riversdal. Die Europese been van hierdie seisoen se braaitoer neem Jan van Amsterdam tot in Geraardsbergen en Brussel in België waar hy aan allerhande plaaslike lekkernye smul en op vreemde plekke braai.

Natuurlik is daar in dié seisoen ook weer ’n verskeidenheid resepte wat Jan met sy kykers deel. Verbeel jou ’n T-been-steak met mosterdroomys, steak in ’n biltongkors en selfs ’n koffiesteak. Jy gaan ook leer om steak-espetadas op die braai te maak, watter tipe port die lekkerste saam met ’n braai smaak, asook hoe om die heerlikste Marmite-en-kaassous vir jou braaivleis te maak. In een episode demonstreer ’n kenner hoe om ’n heel skaap te ontbeen, en op besoek aan die Kleinrivier-kaasplaas sal jy uitvind hoe om die moeder van alle braaibroodjies te maak.

Indien jy dus moeg is daarvoor om in jou agterplaas te braai, gaan op reis saam met Jan Braai en kyk hoe hy allerhande eksotiese braaiplekke uitsnuffel wat jou weer sal inspireer om oorspronklik en kreatief te raak wanneer jy self ’n vuurtjie aansteek. ShowMax, jou braai-inspirasie!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest