Die Kom Huistoe-Veldtog vir terugkerende Suid-Afrikaners

Hierdie veldtog is in 2003 geloods om mense wat Suid-Afrika verlaat het, maar weer wil of moet terugkeer, by te staan. Gratis advies is onder meer beskikbaar oor burgerskap-aangeleenthede, immigrasiedokumentasie, die invoer van goedere en troeteldiere, die evaluering van buitelandse kwalifikasies, finansiële sake, bestuurderslisensies en werkverskaffing.

Ons verkies om individuele advies te voorsien, aangesien elke persoon se omstandighede uniek is en inligting wat op een persoon van toepassing is, nie noodwendig vir ʼn ander sal geld nie. Alle vrae is welkom!

Die Kom Huistoe-Veldtog kan ongelukkig geen finansiële bystand aan remigrante bied nie. Migrasie is ’n persoonlike keuse waarvoor elkeen self verantwoordelikheid moet aanvaar. Maak dus seker dat die keuse om Suid-Afrika te verlaat of hierheen terug te keer, ’n ingeligte besluit is wat op betroubare inligting berus. AfriForum sal ook deurlopend advies in dié verband gee.

Kontak die Kom Huistoe-Adviesburo hier: