Maroela Media: Nuus hooftrekke van die week

Alles wat jy wil weet: gratis en in Afrikaans! Maroela Media is ‘n nuuswebwerf, trots en onbeskaamd Afrikaans. As jy Afrikaans is, is hierdie jóú kuierplek!

Maroela Media se visie is om ‘n Afrikaanse kuierplek op die internet te skep deur die lewer van hoë gehalte Afrikaanse nuus en inhoud, ten einde ‘n digitale Afrikaanse gemeenskap daar te stel waarbinne die Afrikaanse taal en kultuur plaaslik en internasionaal kan groei en gedy.

Zuma weier om te bedank

Die ANC se integriteitskommissie het pres. Jacob Zuma versoek om uit te tree, maar hy het geweier en gesê slegs hy kan die Weste “verhoed om die ANC oor te neem”. Lees meer.

OB sal nie Reserwebank-hofaansoek teenstaan nie

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het aangedui dat sy nie haar aanbeveling om die Grondwet te laat wysig om die Reserwebank se mandaat te verander in die hooggeregshof gaan verdedig nie. Lees meer.

Boer skiet aanvaller dood tydens KZN-plaasaanval

Marius Clark, ʼn boer van Donnybrook in KwaZulu-Natal, het Saterdag ʼn vermeende aanvaller op sy plaas doodgeskiet tydens ʼn plaasaanval waartydens sy kinders ook verbete met die drie aanvallers geveg het. Lees meer.