Alles wat jy wil weet: gratis en in Afrikaans! Maroela Media is ‘n nuuswebwerf, trots en onbeskaamd Afrikaans. As jy Afrikaans is, is hierdie jóú kuierplek!

Student ontvang ‘studiegeld’ van R14 miljoen

‘n Administratiewe fout het daartoe gelei dat ‘n reusebedrag van R14 miljoen in ‘n student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU) in Oos-Londen se persoonlike bankrekening gedeponeer is. ‘n Saak van diefstal is intussen by ‘n polisiestasie in Oos-Londen oopgemaak. Lees meer.

[Video] Omstanders plunder geldwa ná transitoroof

As dit geld reën moet jy skep. Dít is wat omstanders Maandagmiddag in Noordwes gedoen het kort nadat rowers op ‘n G4S-geldwa toegeslaan en dit glo van ʼn onbekende bedrag geld beroof het. Lees meer.

Jong vlieëniers sterf saam

Twee jongmense is Sondag dood toe die Cessna-vliegtuig waarin hulle gevlieg het naby die Ingwe-lodge in Magaliesburg neergestort het. Lees meer.

Pin It on Pinterest