Is kapitaalwinsbelasting betaalbaar in Suid-Afrika as die belastingbetaler in die buiteland woon?

In Migrasienuus

deur Fanus Jonck 

Ek het die volgende navraag ontvang: Is ek as ’n nie-inwoner aanspreeklik vir kapitaalwinsbelasting as ek Suid-Afrikaanse aandele verkoop?

Lees Meer

Die 2017-belastingseisoen is om die draai

In Migrasienuus

Belastingbetalers kan hul belastingopgawes vir die 2017-belastingjaar (wat op 28 Februarie 2017 geëindig het) van 1 Julie 2017 tot November 2017 indien.

Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon en werk en Suid-Afrika slegs een keer ’n jaar met vakansie besoek, hoef slegs inkomstebelastingopgawes in te dien as hulle ’n Suid-Afrikaanse huurinkomste of  inkomste van ’n Suid-Afrikaanse besigheid ontvang het.

Lees Meer

Fanus Jonck verduidelik die noodsaak vir ‘n Suid-Afrikaanse testament

In Migrasienuus

Dit is nie net Suid-Afrikaners wat hulle Suid-Afrikaanse bates moet bestuur nie; Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon moet ook hulle Suid-Afrikaanse bates behoorlik bestuur. Dit is eintlik nodig dat ʼn mens ʼn testament in elke land moet hê waar jy bates besit, sodat die testament bates in daardie land dek.

Lees Meer

WAARSKUWING: Dienste by binnelandse sake erg deur “onvoldoende personeel” geraak

In Migrasienuus

Die departement van binnelandse sake (DBS) bevestig dat meer as 90% van sy kantore weens personeeltekort op Saterdag gesluit sal wees. Volgens die departement is dié personeelgetalle nie in lyn met die onlangse ooreenkoms wat met vakbonde bereik is nie.

Dit volg nadat die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa) en die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) gedreig het om weens werkstoestande by die DBS te staak.  

Lees Meer

Alleenverteenwoordiger van ’n oorsese maatskappy

In Migrasienuus

Suid-Afrikaanse besigheidspersone is gereeld op soek na wyses waarop hulle hul sakeondernemings  in die Verenigde Koninkryk (VK) kan uitbrei. Een van die minder bekende wyses waarmee dit vermag kan word, is die Sole Representative Visa (SRV).

Dié interessante UK-immigrasieroete stel ’n persoon wat in diens is van ’n Suid-Afrikaanse maatskappy (of enigander nie-VK-werkgewer) in staat  om na die VK te gaan en ’n kommersiële teenwoordigheid daar te vestig deur ’n geregistreerde tak of volfiliaal van dié oorsese maatskappy in die VK te bedryf.

Lees Meer

Regering beplan om alle Suid-Afrikaners na te spoor wat die land vir langer as 3 maande verlaat

In Migrasienuus

Suid-Afrikaners wat van plan is om die land vir langer as drie maande te verlaat, sal binnekort verplig wees om by die regering te registreer in ’n poging om Suid-Afrikaners oorsee na te spoor (track) en die hoë emigrasiekoers te bekamp, aldus ’n berig in Rapport.

Lees Meer