Leesvordering:

#MisMyMaatjie – ShowMax

Sep 26, 2016

Dis nou als goed en wel dat jou maatjie besluit het die gras is groener in Nieu-Seeland, of die son is warmer in Australië, of die pond is aantrekliker in Engeland – maar wat moet jy maak as jy jou makker mis? Een plan is om jou maatjie terug te lok Suid-Afrika toe, en kom ons wees eerlik: die rand gaan jou nie help nie. Die beste opsie is om vir jou vriende in die buiteland ‘n 30-dae gratis ShowMax-bewys te gaan skep op maatjie.showmax.com. Dit sal hulle ‘n hele maand lank herinner aan alles wat hulle in Suid-Afrika misloop. Jou maatjies kan die interessantste mense en mooiste plekke in die land besoek saam met Jack Parow in Dis hoe ons rol; hulle kan tuis en veilig voel in die geselskap van die president van Zoid Afrika, Karen Zoid; en hulle kan die pad vat plaas toe met volledige seisoene van Boer soek ʼn Vrou. Dis die heel beste Suid-Afrikaanse vermaak op een plek en omdat jy oulik en vrygewig en Suid-Afrikaans is, hoef hulle nie een dollar of pond uit te haal om dit te geniet nie.

Met ShowMax kan jou vriende in die buiteland op hoogte bly van als wat in Suid-Afrika aangaan. Splinternuwe episodes van die gewildste programme is binne 24 uur ná die SA uitsending beskikbaar vir hulle kykplesier, so wanneer jy met hulle Skype kan hulle ewe lekker saamgesels oor nuus en politiek en wie die laaste Koekedoor-reeks gewen het of wat op Varsity Sing aangaan. En nou ja, dalk gaan niks hulle laat besluit om terug te kom nie, maar ten minste voel hulle nie so ver as hulle presies weet wat op die oomblik op Binnelanders  in Pippa se lewe gebeur nie. Maak ‘n verskil in jou oorsese vriende se lewens: gee vir hulle ‘n stukkie van die huis om in hul nuwe tuistes te geniet. Gaan na maatjie.showmax.com en volg die instruksies om jou maatjies se harte te verwarm.

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest