Leesvordering:

Regering beplan om alle Suid-Afrikaners na te spoor wat die land vir langer as 3 maande verlaat

Jun 8, 2017

Suid-Afrikaners wat van plan is om die land vir langer as drie maande te verlaat, sal binnekort verplig wees om by die regering te registreer in ’n poging om Suid-Afrikaners oorsee na te spoor (track) en die hoë emigrasiekoers te bekamp, aldus ’n berig in Rapport.

Dit volg op die kabinet se goedkeuring van die departement van binnelandse sake se witskrif op internasionale migrasie, wat Suid-Afrika se hoof- immigrasie- en emigrasiedoelwitte uiteensit wat teen 2063 bereik moet word, asook hoe die land beplan om met die immigrantevloedgolf uit Afrika-buurstate om te gaan en beleide wat die vrye beweging van mense in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap insluit.

Volgens die berig is dit die eerste keer dat emigrasiebeheer in ’n binnelandsesakebeleid verskyn, en dit kan direk toegeskryf word aan die hoë getal geskoolde werkers en belasting wat die land verlaat.

Volgens die inligting wat in die witskrif gegee word, het 520 000 Suid-Afrikaners die land tussen 1989 en 2003 verlaat, waarvan 120 000 professionele kwalifikasies het en 7% van die land se professionele mense verteenwoordig.

Die witskrif dui ook aan dat dié emigrasiesyfers met elke daaropvolgende jaar met 9% toegeneem het en dat ’n groter aantal geskoolde swart Suid-Afrikaners kies om te emigreer.

Die witskrif het ook beklemtoon dat uitgewekenes wêreldwyd tipies noue bande met hul tuislande het en ’n beduidende gedeelte van hul inkome uit buitelandse betalings bestaan.

Bron: businesstech.co.za
(Vertaal deur AfriForum.)

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest