Jan Braai vir Erfenis – Seisoen 7

In Rolprente

Bring die braaihout en die -sout, steek die vuurtjie aan en skuif reg vir aksie. Jan Braai vir Erfenis is terug vir ’n sewende seisoen van vleis op die kole wat jou mond gaan laat water. Dié seisoen besoek Jan interessante plekke soos die Timbavati Wildreservaat, die Overberg, Oranjemund in Namibië en Moditlo in die Bosveld. Jan wyk selfs sover uit as Amsterdam om te gaan kyk hoe die Nederlanders Koningsdag vier.

Lees Meer

Parlement Parlement – Nuwe KykNET-komedie

In Rolprente

In Suid-Afrika kan plaaslike komediante skaars kompeteer met die sirkus wat gereeld in ons parlement afspeel, maar die nuwe paneelkomediereeks Parlement Parlement wys dat die professionele narre darem nog net-net die oorhand het. Elana Afrika-Bredenkamp is die aanbieder, as Madame Speaker – die bewaker van sin en rede.

Lees Meer

OppieStoep is terug om jou hardop te laat lag!

In Rolprente

Seisoen 2 skop 8 Julie op ShowMax af.

OppieStoep is die tuiste van storievertel in Afrikaans. Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen is die aanbieders van dié reeks, wat vir die beste storievertellers in Afrikaans ’n platform skep om hul talente met kykers te deel. In die tradisie van Spies en Plessis en Maak ’n Las – maar met ’n nuwerwetse benadering – skep OppieStoep die perfekte atmosfeer vir mense se stories om lewe te kry. In die tweede seisoen kuier ’n rits bekende gaste en storievertellers saam met Pietman en Andries.

Lees Meer

Die Boekklub Seisoen 2

In Rolprente

 

Die tweede seisoen van kykNET se geliefde dramareeks Die Boekklub is van 12 Julie af op Showmax te sien met ’n nuwe episode elke Woensdag. Die tweede seisoen neem ons terug na die klein Karoodorp Merweville waar Tom en Sofia saam die gastehuis bedryf – en elke dag baklei. Lillie is in Parys, maar sy en Tom gesels darem gereeld; Anna sien om na haar pasiënte; Herman boer met mening; Hanli is swanger; en Gerwin het groot planne vir die skool.

Lees Meer

Uitmuntende nuwe reekse in Julie op ShowMax te sien!

In Rolprente

Die sewende maand van die jaar het aangebreek en hierdie Julie bring ShowMax uitmuntende nuwe reekse vir jou! Ons kyk vir eers na ons sewe gunstelingreekse.

Aanhangers van kykNET se supergewilde kleindorpse dramareeks Die Boekklub (12 Julie) kan regskuif vir splinternuwe episodes wanneer seisoen 2 ons skerms in Juliemaand tref.

Lees Meer

Verfilming van eerste ShowMax Original begin

In Rolprente

ShowMax Original sal sy debuut maak met ’n nuwe reeks waarin Julia Anastasopoulos, ook bekend as SuzelleDIY, in die hoofrol te siene sal wees.

Verfilming van die eerste ShowMax Original-reeks, ’n satiriese dokumentêr (“mockumentary”) met Julia Anastasopoulos in die hoofrol, het verlede week in Kaapstad begin. Welbekend vir haar SuzelleDIY-alter ego, speel Anastasopoulos die rol van Tali, ’n selfbehepte Sandton-prinses wat na Kaapstad verhuis het en ’n dokumentêre span gehuur het om die aanloop tot haar troue met haar eiendomsagent-verloofde, Darren, te verfilm.

Lees Meer