Schuks! Pay back the money! – Kompetisie vir vrystelling in AUSTRALIË en NIEU-SEELAND – In teaters November/Desember 2015

Kyk die lokprent hier. Deel dit met vriende en familie, teken in op Wêreldwyd en staan ‘n kans om ‘n Takealot koopbewys ter waarde van R3 000 te wen.

Schuks! Pay back the money! 

Om deel te neem, moet jy ‘n e-pos stuur aan wereldwyd@afriforum.co.za met jou naam, die woord “fliek” en die naam van die land waar jy woon.

ONStv het onlangs ‘n kontrak met Disney onderteken om die jongste Schuster-film Doer Onder uit te reik. Ons bring SA se nommer een-grapmaker na die grootskerm. Dit sal ook Schuster se heel laaste film ooit wees, aangesien die Suid-Afrikaanse komediant sy aftrede bevestig het.

Schuster bak gewoonlik poetse op weerlose en niksvermoedende mense. Maar hierdie keer stap hy die ekstra myl en skeer die gek met moeilike en humeurige individue – slagoffers wat hom moontlik fisies kan aanrand.

VOORWAARDES EN BEPALINGS

Rig verdere navrae oor die kompetisie aan Sue-Ann de Wet by wereldwyd@afriforum.co.za.