Leesvordering:

Uit en Tuis met die Haasbroek gesin

Sep 2, 2016

Uit en Tuis is die rubriek waar ons gaan gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar nou weer terug is in Suid-Afrika. Ons verneem graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Marisa Haasbroek wat in Maryland, Amerika woon.

  • Hallo Marisa! Vertel ons meer van jouself/julle en waar jy/julle woon.

Ek, Andries, my man, en ons twee tieners, Johannes en Annamaria bly in Maryland, omtrent so veertig kilometer van Washington DC af.

  • Wat doen jy daar?

My man werk op ʼn kernreaktorprogram vir ʼn Amerikaans-Suid-Afrikaanse maatskappy. Die kinders word getuisskool, maar benut nou geleenthede vir opleiding hier in Amerika. Johannes begin juis binnekort studeer aan dieselfde gemeenskapskollege waar Edward Snowden studeer het. Annamaria stel belang in animasie, neem aanlynklasse en sal eendag graag tekenflieks vir maak. Ek skryf Afrikaanse stories as ek ʼn halwe kans kry.

  • Was dit moeilik om in ʼn ander land aan te pas?

Ja, baie. Alles is anders, hulle ry aan die anderkant van die pad, gebruik nie metrieke eenhede nie en, veral aan die begin, het ons soms gesukkel as hulle so vinnig Amerikaans praat.

  • Wat is die lekkerste en slegste avonture wat jy al daar beleef het?

Een van die lekkerste avonture was ons besoek aan die historiese dorpie Colonial Williamsburg in Virginia. Die slegste wat ons oorgekom het, is dat ons ʼn baie groter deposito op ons huurhuis moes neersit as Amerikaners, omdat ons geen kredietrekord hier het nie. In enige amptelike sake moet ons altyd weer en weer ʼn bewys van Homeland Security aanvra om te verklaar dat ons nie “illegal aliens” is nie.

  • Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

Mense wat vir dieselfde goed as jy lag. Amerikaners neem hulself tog so ernstig op. Dan ook natuurlik biltong, blatjang en die wonderlike varsprodukte wat ons in Suid-Afrika so vanselfsprekend aanvaar. In Suid-Afrika het ons gevoel of ons deel is van ʼn gemeenskap. Hier leef mense baie individualisties.

  • Hoe het immigrasie julle geraak?

O nee, ons het glad nie geïmmigreer nie. Eendag kom ons terug huis toe. My man moet ek elke oggend soos ʼn tent aan die grond vaspen, anders klim hy op die eerste, die beste vliegtuig Suid-Afrika toe. Ons verlang verskriklik.

  • Wat geniet jy/julle die meeste van die lewe in Amerika?

Die gerief van goed oor die pos bestel. Die vinnige internet. Winkels wat tot laat oop is.

  • Kom jy/julle terug Suid-Afrika toe?

Ongetwyfeld.

  • Was dit maklik om julle voete daar te vind?

Dit help dat ons Engels goed verstaan en alles op die internet kan naslaan as ons vasdraai. My man het byvoorbeeld ons Amerikaanse belastingopgaaf self voltooi. Dalk is dit maar deel van die Boer-maak-ʼn-plan lewenshouding wat ons mense het.

  • Enigiets anders wat jy wil byvoeg?

Sonder Skype, Whatsapp en eposse waarmee ons met vriende en familie in Suid-Afrika kontak te hou, sal die heimwee ons onderkry. Een van die bittersoet ervarings wat ek en my dogter gehad het, was toe ons al twee Koekedoor reekse kon volg, danksy ʼn intekening op SA TV. Ons lees elke dag Maroela Media om op hoogte te bly van gebeure in ons vaderland.

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest