Leesvordering:

VIA-gunstelinge ook op ShowMax

Okt 19, 2016

Vanaf 20 Oktober vat Media24 se Afrikaanse leefstylkanaal, VIA (DStv-kanaal 147), hande met die videoop-aanvraag-intekenaardiens, ShowMax. Nie minder as nege van dié kanaal se gunsteling-programme sal op ShowMax Diaspora aan Suid-Afrikaners in die buiteland beskikbaar wees, en agt op die plaaslike aanbod. Daar is nou heelwat meer plaaslike kykgenot wat vir ShowMax-gebruikers op enige toestel wag. Local was nog nooit só lekker nie.

Izelle Venter, VIA se kanaalhoof, sê: “Ons is goeie pasmaats: VIA en ShowMax. Ons albei is jong, vars platforms wat gehore op nuwe maniere wil vermaak. Ons glo ShowMax sal nog ‘n plek wees waar mense wat lief is vir ‘n eg Suid-Afrikaanse leefstyl, ons sal vind. VIA is een van Afrikaanse DStv-kykers se gunsteling-leefstylkanale. Dit is dus gepas dat ons op die vooraand van ons eerste verjaarsdag nog ‘n platform betree.’’

Die agt VIA-programme wat op ShowMax verskyn, wentel om kos, styl en verhoudings. Kykers kan uitsien na Vrydag 4 uur (seisoen 1 tot 3): ‘n ongewone reisprogram met die oulike jong paartjie Alti Fouche en Dirk Smit. In die trouprogram Pasgetroud (seisoen 1 en 2) kyk paartjies of hul troudagdrome waar word. Op die koel kostrokreeks Padkos (seisoene 1 en 2) kook die aanbieder Leroux Botha sy 40-word-angs weg.

Daar is ook twee geselsprogramme vir kykers: Op Driekuns (seisoen 1) deel drie bekendes wat in dieselfde veld presteer, hul stories oor hul lewe en loopbaan. In ‘n Halfuur met Hanlie (seisoen 1 tot 3) gesels Suid-Afrikaanse raakvatters met RAPPORT se bekende Hanlie Retief.

Op VIA se gewilde maatsoekprogram, Die kliek (seisoen 1 tot 3), is dit meer van ‘n gelag as enigiets anders wanneer die komediant Schalk Bezuidenhout die groep vroue met behulp van sosiale media help liefde soek. In Op pad met Dana (seisoen 1) reis die skrywer Dana Snyman die land plat op soek na stories van hoop. En in die trefferreeks Brood en botter (seisoen 1) met die supersjef Bertus Basson word nuwe kostalent gesoek en gevind.

Vir ShowMax-gebruikers wat oorsee woon, is daar ook VIA se gewildste program in die pakkie: Kom ons braai (seisoen 1 tot 3). Hier kuier onbekendes oor een weer om te sien wie as die braaikoning van die episode gekroon word.

“Ons is opgewonde om VIA beskikbaar te maak aan ons ShowMax-intekenare wêreldwyd en plaaslik sorg hul programme nou vir die varsste plaaslike inhoud op die platform,” sê ShowMax se hoof van diaspora Jeanne van Zyl.

In Suid-Afrika kos ShowMax R99 per maand en aan ons buitelandse burgers, $8.99USD. Jy kan jou gunsteling-programme op enige rekenaar, slimfoon, tablet en slim-TV’s kyk.

Klik hier om die promo-video te kyk.

Of klik hier om nóú ShowMax se webblad te besoek.

VIA, kanaal 147 op DStv, is gemik op Afrikaanse gesinne en wentel om kos, styl en verhoudings. Met drie ure vars inhoud elke weeksaand tussen 17:30 en 19:00 en weer tussen 20:00 en 21:00.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest