Leesvordering:

12 Afrikaanse woorde wat net jy sal verstaan!

Sep 9, 2022

Watter Afrikaanse woorde sal net Suid-Afrikaners verstaan? Daardie handjievol woorde wat meer sê as enige woorde in Engels? Afrikaans is ryk aan betekenis en ons almal weet hoe beskrywend ’n storie in Afrikaans vertel kan word. Afrikaans se wortels is natuurlik sowat 90% in Nederlands gesetel, maar het ook unieke leenwoorde uit Khoisan, Maleier- en ander Afrikatale.

Uit meer as 100 000 Afrikaanse woorde in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), is dié 12 woorde beslis die gunstelinge!

Kameelperd: Al ooit gedink hoe beskrywend dié woord is? Dit is ’n verouderde Nederlandse woord (kameelpaard), wat eintlik sy oorsprong in Latyns het (camelopard) wat vandag net in Afrikaans in gebruik is. Die woord kameel kom al in 1663 in ’n Afrikaanse reisjoernaal voor!

Geluksalig: Dit beteken om uitermatig gelukkig te wees en word dikwels in ’n geloofskonteks gebruik om geluk ná die aardse lewe te beskryf.

Glimlag: ’n Woord wat in 1902 in Afrikaans posgevat het en afgelei is van glimmen, wat verwys na glinsterende oë of tande wanneer iemand glimlag. Die woord in Nederlands, glimlach, is reeds in die 1700’s gebruik.

Hartlam: Soos ’n lammetjie wat styf, veilig en knus so na as moontlik aan iemand se hart lê, is hoe jy voel oor iemand wat jy jou hartlam noem.

Ystervark: Die woord is afgelei uit die verouderde Nederlandse woord ijzervarken. Nederlanders verwys vandag na ystervarke as stekelvarken. Jan van Riebeeck het die woord ystervark in sy dagboek ook gebruik.

Kolwyntjie: Afgelei uit die Nederlandse woord kolombijnte. Die herkoms van die woord is egter onduidelik maar daar word vermoed dat dié lekkerny sy naam gekry het omdat dit op St. Colombino-dag bedien is.

Ligsinnigheid: Die woord is die eerste keer in die Patriotwoordeboek in 1902 gebruik. Dit verwys na iemand of iets wat ’n gebrek het aan ernstig wees, iets wat onnodig of laf is.

Mooi: Behalwe in Afrikaans, is die woord net bekend in Nederland en Friesland. Die woord is reeds in 1711 in gebruik geneem en is ’n kort en kragtige woord wat geen ander kompliment kan vervang nie!

Ontsagwekkend: ’n Woord wat beteken dat daar ontsag in jou vir iets of iemand gewek word. Ontsag is wonder of eerbied. Dit is ’n woord wat soveel emosies kan saamvat.

Pikkewyn: ’n Kaapse vryburger het in 1715 die woord pickoweijn gebruik. Dit is duidelik verwant aan die Nederlands (pinguïns), Duits (pinguine) en Engels (penguin) en selfs die Skandinawiese woord daarvoor. Dit is moontlik afkomstig van Nederlandse seemanstaal wat eers piggiwyn gebruik het.

Skitterend: Die Nederlandse woord schetteren of schitteren, het eintlik verwys na aanhoudende geraas. Die betekenis het toe verander na lig wat lewendig lyk. Die eerste optekening van die woord was in 1902 se Patriotwoordeboek.

Spookasem: Sinonieme vir spookasem is suikerdons, suikerwol en garingsuiker. Die ligte tekstuur van dié snoepery wat in jou mond wegsmelt, maak spookasem die beste beskrywing ooit!

Elke woord in die Afrikaanse taal het ’n ryk geskiedenis of ’n interessante storie. Daarom moet ons hulle gebruik in hul volle glorie, sodat elke Kaapse vryburger en jong Afrikareisiger nie verniet gehelp het om ’n taal te skep wat jy vandag met soveel vreugde en emosie kan gebruik nie!

 LEES OOK: Twintig maniere waarop jy Afrikaans kan vier in die buiteland

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest