Leesvordering:

AFRIFORUM, ADV. GERRIE NEL VERTEENWOORDIG BOTSWANA-REGERING IN GELDWASSERY-EN-BEDROGSAAK

Jun 23, 2020

AfriForum het vandag aangekondig dat sy privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, amptelik deur die Botswana-regering aangestel is om dié regering te verteenwoordig in ’n hoëprofielgeldwassery-en-bedrogsaak waarby sakevrou Bridgette Motsepe-Radebe, geïmpliseer word. Motsepe-Radebe is president Cyril Ramaphosa se skoonsuster en Jeff Radebe se vrou.

Adv. Nel en adv. Phyllis Vorster van AfriForum se privaatvervolgingseenheid is amptelik deur adv. Stephen Tiroyakgosi, Botswana se Direkteur van Openbare Vervolgings (DOV), aangestel om die Republiek van Botswana te verteenwoordig. Die mandaat in dié saak is om die Botswana-regering se versoek om wedersydse regshulp te fasiliteer in die saak van die Bank van Botswana wat oor bedrog en geldwassery handel. Die DOV van Botswana het reeds op 25 September 2019 ’n versoek vir wedersydse regshulp aan die Departement van Internasionale Verhoudinge en Samewerking (DIRCO) gerig, maar hierdie versoek het intussen gerieflikheidshalwe verdwyn.

Die verwikkelinge volg nadat Motsepe-Radebe geïdentifiseer is as ’n medeondertekenaar van ten minste twee bankrekeninge (waarvan een ’n Absa- en een ’n Nedbank-rekening is) wat ’n gedeelte van die meer as $10 miljard (R150 miljard) wat na bewering van die Botswana-regering gesteel is om ’n “staatsgreep” voor die nasionale verkiesing in daardie land te finansier. Daar is ook bewerings teen Motsepe-Radebe dat sy deur middel van Avante Security Services miljoene Botswana pula gewas het om ’n opposisiekandidaat van Mokgweetsi Eric Keabetswe Masisi, Botswana se president, te finansier.

“Die feit dat DIRCO oor nege maande geen terugvoer aan die DOV van Botswana gegee het nie, dui daarop dat die Suid-Afrikaanse regering onwillig is om ons kliënt met hul versoek te help. Ons sal ingryp en verseker dat ons kliënt die nodige samewerking van die Suid-Afrikaanse regering kry om geregtigheid te laat geskied,” sê adv. Nel.

“Dit is vir AfriForum ’n voorreg om amptelik met die Botswana-regering te kan saamwerk. Dit is noodsaaklik dat ons as mede-Afrikane – wat wil help verseker dat ons kontinent suksesvol is – alles moontlik doen om bedrog en geldwassery uit te roei. Ons kontinent en sub-kontinent het geweldige potensiaal wat gekortwiek word deur korrupte elite. AfriForum is daarom daartoe verbind om die Botswana-regering se hande te sterk in hierdie noodsaaklike stryd teen korrupsie,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest