Leesvordering:

AfriForum behou kontak met Suid-Afrikaners in die buiteland

Jun 19, 2019

AfriForum se Wêreldwyd-veldtog bied reeds die afgelope ses jaar ’n aanlyn tuiste vir Suid-Afrikaners wat hulleself in die buiteland gevestig het.

Vandag is emigrasie ’n harde werklikheid en Wêreldwyd hou dit ’n oop gesprek. Emigrasie bied uitdagings en daar is redes waarom mense besluit om te emigreer.

Hier is vyf redes waarom Wêreldwyd reeds die tuiste van derduisende Suid-Afrikaanse ekspats is:

  1. Kundige advies vir ekspats

Gratis advies oor burgerskapaangeleenthede is onder meer beskikbaar deur ’n plaaslike netwerk van kundiges. Dikwels verloor Suid-Afrikaners hul burgerskap onwetend wanneer hulle burgerskap in die buiteland aanvaar sonder om eers vir die behoud van hul Suid-Afrikaanse burgerskap aansoek te doen, en soms doen hulle willens en wetens daarvan afstand. Die latere gevolge hiervan besef hulle nie altyd nie.

  1. Behou só kontak

Gereelde skakeling deur middel van ’n nuusbrief, sosiale media en ’n webtuiste. Die webtuiste help mense om op hoogte te bly van nuusgebeure in Suid-Afrika. Dit is belangrik dat ekspats betrokke bly en op hoogte van sake in Suid-Afrika is. Kom kuier saam met die nagenoeg 500 000 mense wat deur Wêreldwyd se Facebook-blad bereik word.

  1. Doen jou inkopies met ons Wêreldgids

Wêreldwyd se Wêreldgids is enig in sy soort waar jy eg Suid-Afrikaanse inkopies in jóú omgewing kan doen. Hulp met finansiering, emigrasie, Afrikaanse prokureurs, rekenmeesters en dokters, restaurante en nog meer is beskikbaar. Daar is reeds meer as 400 ondernemings en kontakpunte op die Wêreldgids gelys.

Vergeet van eensaamheid in die vreemde, want met dié gids kan jy in ’n japtrap ander Suid-Afrikaners ontmoet én hul ondernemings ondersteun. Dink net watter verligting dit moet wees om in Australië met jou huisdokter in Afrikaans te kan praat.

Marisa Haasbroek, wat in die VSA woon, se Afrikaanse onderneming is een van dié wat op die gids gelys is. Sy het Afrikaanse aanlyn kursusse geskep oor Afrikaanse taalleer en hoe om in Afrikaans te skryf. “Die voorreg om steeds in Afrikaans te mag werk, maak my kinderlik gelukkig. Nou nog spring my hart in my keel as ’n stem doer uit Afrika uit my rekenaar opklink en dis ’n stem wat harde r’e en g’s sê en twee keer ‘nie’ gebruik en sinne met ‘ja-nee’ begin.”

  1. Kuier saam in Afrikaans

Wêreldwyd ondersteun byeenkomste in die buiteland en tree vanjaar weer as hoofborg op vir die Afrikaans is Lekker 2019-toer in Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Tydens Augustusmaand gaan Wêreldwyd betrokke wees by ’n Suid-Afrikaanse byeenkoms nl. die Texas-potjie in Houston. Dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel kan saamkom en steeds hul kultuur vier. By dié byeenkomste wil hulle net saamkuier in hul eie taal met hul eie mense en ook nog sommer net nostalgies raak soos wat gemeenskappe in die buiteland doen.

Sommige van die mees welvarende lande in die wêreld, soos byvoorbeeld China en Duitsland, is dié wat hul emigrante ook koester. Ons regering vervreem dikwels Suid-Afrikaanse emigrante, soos gesien met die belastingwetsontwerp.

Ons mense in die buiteland is ons beste ambassadeurs en moet gehelp word om hul identiteit te behou. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs en ons kan nie bekostig om hulle te verloor nie.

  1. Steun uit die buiteland

Soos in die verlede het Wêreldwyd weer eens vanjaar ekspats op hoogte gehou van sake rakende die Suid-Afrikaanse nasionale verkiesing. Inligting oor hoe om in die buiteland te stem, asook watter dokumente nodig was om te kwalifiseer om te stem is deurgegee.

Daar was 29 000 geregistreerde Suid-Afrikaanse kiesers, waarvan 5 920 in Londen gestem het. Daar was selfs Suid-Afrikaners in die VSA wat vyf ure lank na Chicago gery het om hul stem uit te bring.

Een ding is vir seker – as die stand van Suid-Afrika se politieke en veiligheidsomgewing anders was, sou veel minder Suid-Afrikaners groener weivelde gaan soek het. Suid-Afrika is nie altyd rooskleurig nie. Elke land moet sy kruis dra, maar om deel te wees van ’n grenslose gemeenskap bly van onskatbare waarde.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest