Leesvordering:

AfriForum dien kommentaar in teen die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terroriste en Verwante Aktiwiteite

Aug 19, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het skriftelike kommentaar by die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie ingedien wat die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terroriste en Verwante Aktiwiteite teenstaan.

AfriForum ondersteun nie die aanneming van die wetsontwerp in sy huidige vorm nie. AfriForum verwelkom ’n opdatering van die wet in soverre die wysigings poog om dit in ooreenstemming te bring met ontwikkelinge in die internasionale reg en uitsprake van die Konstitusionele Hof. AfriForum ondersteun nie die wysigings wat beoog om die staat se polisieringsmagte uit te brei “om uitdagings wat ondervind word met die uitvoer van ondersoeke en vervolging aan te spreek nie”. Hierdie bepalings is gedoem tot regshersiening, ondersoek en ’n rits litigasie indien dit deurgevoer word.

Die bepalings, wat van voorneme is om groter magte aan die polisie te verleen, maak onregverdig inbreuk op verskeie fundamentele regte, insluitend die regte op vryheid van uitdrukking en assosiasie; politieke vryheid, reg op privaatheid; tot gewetensvryheid; toegang tot inligting, ens. Daar is geen enkele internasionaal ooreengekome definisie van “terrorisme” nie. Die wysiging maak die definisie van “terreuraktiwiteit” veels te wyd. Die wye definisie is problematies omdat dit die staat in staat sal stel om gewone burgers wat die een kant van ’n kontroversiële onderwerp ondersteun, of diegene wat die regering of sy beleide kritiseer of aanvat, te kriminaliseer as “aanmoediging” of “indirekte” fasilitering van terrorisme.

Werklike gevallestudies is in AfriForum se kommentaar ingesluit om te wys dat die werklike probleem nie onvoldoende wetgewing is nie, maar effektiewe implementering van die bestaande wetgewing. Voorbeelde is ook ingesluit van hoe die wysiging misbruik kan word om standpunte te onderdruk wat die staat nie onderskryf of ondersteun nie.

“In sy huidige vorm maak hierdie wetsontwerp die deur oop vir wydverspreide misbruik om kritici van die regering of sy beleid stil te maak en in die tronk te sit. Ons hoef nie ver te soek vir voorbeelde nie. In 2022 is berig dat interne e-posse binne die Departement van Gesondheid groepe wat teen die regering se voorgestelde gesondheidsregulasies gekant is, beskryf het as ‘aanhitsing van terrorisme’ en ‘sabotasie’. Dit is ’n duidelike aanduiding van hoe hierdie wetsontwerp moontlik gebruik kan word om gewone landsburgers te kriminaliseer,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir Strategie en Inhoud by AfriForum.

“Verdere wetsbepalings wat groter mag aan die polisie en die staat verleen, is onnodig. Die bestaande wetlike raamwerk is voldoende. Die probleem is implementering en uitvoering deur staatsorgane in die lig van wydverspreide gebrek aan voldoende hulpbronne, korrupsie, wanbestuur en kaderontplooiing,” sluit van Zyl af.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest