Leesvordering:

AfriForum dien kommentaar op Onderwyswetsontwerp in – verwerp ongrondwetlike amendemente wat Afrikaanse skole teiken

Jun 15, 2022

AfriForum het pas omvattende kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette ingedien, waarin dit verklaar dat van die voorgestelde wysigings daarin ongrondwetlik is en Afrikaanse moedertaalonderrig bedreig. Verder word beklemtoon dat indien hierdie wysigings geïmplementeer word, dit ’n onherstelbare, eensydige en permanente verbreking deur die ANC-regering van die grondwetlike skikking van 1994 sal wees.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, dui die uitgebreide regsmening wat deel van dié organisasie se kommentaar uitmaak daarop dat daar vele gronde bestaan waarop die wetsontwerp verwerp kan word. “Vir die Afrikaanse gemeenskap is die voorstelle dat die provinsiale onderwyshoofde voortaan die finale sê oor die toelatings- en taalbeleid van skole moet hê, die mees aanvegbare aspek hiervan. Nie alleen kom dit neer op onaanvaarbare toenemende magsentralisasie in die hande van die staat nie, maar dit verbreek ook die huidige samewerkingsmodel tussen die staat en skoolgemeenskappe, soos verteenwoordig deur demokraties verkose beheerliggame van skole.”

AfriForum is van mening dat daar geen rede is om met die bestaande bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet in te meng nie. Soos wat reeds in die onlangse verlede deur verskeie uitsprake van die Konstitusionele Hof bevestig is, is beheerliggame as verteenwoordigers van ouers, leerders en plaaslike skoolgemeenskappe veel beter in staat om die behoeftes van hul skole te bepaal. Hulle kan die beste insette gee om te verseker dat kinders toegang tot uitnemende onderwys geniet in ’n vormende opvoedkundige en kulturele omgewing.

Afgesien van die bedreiging vir Afrikaanse skole, is daar verdere gronde wat die wysigingswetsontwerp onwenslik maak, byvoorbeeld die vaagheid van sommige voorstelle en die toenemende en onuitvoerbare administratiewe rompslomp wat die implementering daarvan tot gevolg sal hê.

Benewens die sterk standpunt wat AfriForum in die kommentaar teen die wysigingswetsontwerp inneem, maak dit ook ’n voorstel oor ’n model op grond waarvan skole groter outonomie kan bereik. “Die kommentaar beskryf hoe verdienstelike skole administratief en finansieel meer onafhanklik van die staat kan raak, eerder as wat mag weg van die gemeenskap na die staat gekanaliseer word en skole in wanbestuur verval,” verduidelik Bailey.

“Suid-Afrika se onderwysstelsel is internasionaal berug as een van die stelsels wat die meeste staatsfinansiering kry, maar ten spyte daarvan die swakste presteer. Meer gemeenskapsbetrokkenheid en moedertaalonderrig is ’n suksesresep en daarom moet skole so ver as moontlik weg van die ideologiese magspeletejies van die ANC-regering gehou word. Ons kinders kan nie speelballe in die hande van politici wees nie. Hulle verdien die beste onderrig moontlik en as hierdie Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette aanvaar word, gaan dit nie moontlik wees nie,” voeg Bailey by.

AfriForum is bereid om mondelinge kommentaar op die wysigingswetsontwerp te lewer, asook om die outonomiemodel vir skole in meer besonderhede met die departement van Basiese Onderwys te bespreek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest