Leesvordering:

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om hul eie erfenis te bewaar én bou

Sep 23, 2020

Op die vooraand van Erfenisdag doen AfriForum ’n beroep op gemeenskappe om verantwoordelikheid vir die bewaring en uitbou van hulle eie erfenis te aanvaar.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, heers verskeie debatte wêreldwyd oor die betekenis van historiese erfenis, asook oor hoe dit verstaan en bewaar moet word. “Die regering se voorgestelde temaparke vir standbeelde is ’n voorbeeld in hierdie verband. Erfenisbakens soos standbeelde word die sondebok vir mense se eietydse probleme gemaak en daardeur word bepaalde gemeenskappe ook geteiken. Ons moet ons geskiedenis ken om te voorkom dat ideoloë se uitbuiting daarvan vir hulle eie agendas ons waardering daarvoor ondermyn. Waar enige vorm van erfenis só uitgebuit word, moet sterk standpunt daarteen ingeneem word.”

Bailey beklemtoon dat erfenis sowel die natuur as kultuur insluit. Kulturele erfenis bestaan weer uit stoflike erfenis, soos byvoorbeeld argitektuur, standbeelde of meubels, en geestelike erfenis, wat van letterkunde tot selfs geskiedskrywing, raaisels en rympies insluit.

“Wanneer ons iets wil doen om ons erfenis te bewaar, hoef dit nie net om geskiedenis te draai of groot uitgawes te behels nie. ’n Mens kan ’n inheemse boom plant of ’n uilhuis oprig, ’n Afrikaanse boek lees of familiestaaltjies oorvertel. Mense wat meer energiek voel, kan ’n erfenisterrein gaan skoonmaak of ’n museum of natuurreservaat besoek. Vele van die laasgenoemde instellings bied spesiale programme vir Erfenisdag of Erfenismaand aan en deur dit te ondersteun, word die voortbestaan daarvan verseker. Die instellings verwelkom ook mense wat as vrywilligers betrokke wil raak om sodanige programme aan te bied.”

Volgens Bailey is dit noodsaaklik dat mense moet besef dat elke geslag verantwoordelik is vir die erfenis wat deur hulle voorgeslagte nagelaat is en dat dit ons taak is om dit weer vir die geslagte na ons te bewaar. Verder moet ons dit aanvul met nuwe erfenisse wat ons daarby voeg. “Dit is ’n ereskuld en plig wat ons nie durf nalaat of aan mense mag oorlaat wat dit vir eie gewin wil misbruik nie,” waarsku sy. “Die toekoms van ons verlede is in ons hande.”

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest