Leesvordering:

AfriForum eis dat plaasmoorde prioriteit vir regering moet wees

Nov 10, 2020

Nóg ’n wrede aanval op ’n pa en seun op ’n plaas in die Vrystaat bevestig dat plaasmoorde ’n groter prioriteit vir die regering behoort te wees. AfriForum veroordeel die jongste plaasaanval op Pieter Hills (56) en sy seun Eddie (26) ten sterkste.

Hills en sy seun is op 5 November wreedaardig op hul plaas buite Hennenman aangeval. Hills is vasgebind en in die kop geskiet, waarna hy aan sy wonde beswyk het. Eddie het ernstige beserings aan sy nekwerwels en lugpyp opgedoen en is volgens mediaberigte Maandagaand breindood verklaar.

Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, sê dat plaasmoorde steeds nie die nodige aandag kry nie, ten spyte daarvan dat die president en die polisieminister probeer het om die land hieroor gerus te stel. “Die werklikheid is dat die regering oor geen teenstrategie beskik om plaasmoorde te verhoed nie,” sê Roets.

Volgens Roets word die landelike veiligheidsplan nie uitgevoer nie. Boonop bevat die veiligheidsplan nie ’n gefokusde strategie teen plaasmoorde nie. “As die regering ernstig was oor plaasmoorde sou hulle toesien dat ’n holistiese plan – wat nie bloot opmerkings maak oor hoe verdagtes gearresteer moet word nie, maar wat daarop toegespits is om te verhoed dat hierdie moorde in die eerste plek plaasvind – opgestel en uitgevoer word.”

“Dié plan behoort meer gereelde navorsing oor plaasmoorde in te sluit, asook ’n holistiese benadering tot die krisis en die strategie om dit te beveg eerder as om dit bloot aan plaaslike polisiestasies oor te laat; dit vereis daadwerklike samewerking tussen die polisie en die burgerlike samelewing, dat politici wat geweld teen boere verromantiseer tot verantwoording geroep word en dat spesialiseenhede betrek word,” sê Roets.

AfriForum het vroeër ’n lys van praktiese stappe in dié opsig in ’n skrywe aan die president en die polisieminister uiteengesit. Buiten gerusstellende briewe en toesprake blyk dit egter dat die president en minister geen wil het om die nodige stappe te doen om plaasmoorde te prioritiseer nie.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest