Leesvordering:

AfriForum en AfriForum Jeug doen voorlegging aan VN Forum vir Minderheidsaangeleenthede

Nov 30, 2017

Verteenwoordigers van AfriForum en AfriForum Jeug doen vandag voorleggings aan die tiende sitting van die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland. Die tema van vanjaar se sitting is jeugkwessies en sluit onder meer kwessies in soos onderwys, die jeug se deelname aan openbare kwessies en benutting van die media om hulle minderheidsregte te bevorder.

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is deelname aan hierdie byeenkoms van groot belang.

“Dit is ’n platform waar minderhede en hul burgerlike instellings ’n geleentheid kry om die vraagstukke wat hulle in die gesig staar nie alleen onder die VN se aandag te bring nie, maar ook aan internasionale liggame en drukgroepe bekend te stel. Netwerke word gebou en beste praktyke ondersoek wat die bevordering en beskerming van regte aanbetref.”

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, stem saam dat deelname aan die forum se werksaamhede noodsaaklik is. “Ons benut spreekbeurte by die forum, asook die indien van ’n verslag om duidelik te maak op watter wyses daar teen ons jeuglede gediskrimineer word en hoe die owerhede mense van toekomsgeleenthede beroof deur byvoorbeeld die afdwinging van eentalige onderwys, kwotastelsels en ’n program van regstellende aksie sonder ’n afsnypunt.

Vanjaar het AfriForum en AfriForum Jeug ook toestemming van die VN om ’n kantlynbyeenkoms tydens dié sitting aan te bied. Dit vind vandag van 14:00 tot 15:00 (Suid-Afrikaanse tyd) plaas. Besonderhede oor die voorleggings en kantlynbyeenkoms sal deur AfriForum en AfriForum Jeug se sosialemediakanale bekend gemaak word.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest