Leesvordering:

AfriForum en Solidariteit stuit toerisme-rassefonds in hof

Apr 28, 2021

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Maandag ʼn interdik aan AfriForum en Solidariteit toegestaan wat die uitbetaling van enige gelde vanuit die Departement van Toerisme se ekwiteitsfonds belet.

Die twee organisasies het hulle op ʼn dringende basis tot die hof gewend nadat die minister van Toerisme aangekondig het dat die departement se fonds vir die herstel van die toerismesektor slegs toeganklik is vir mense wat  vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kwalifiseer.

Die ekwiteitsfonds is deel van president Ramaphosa se Economic Reconstruction and Recovery Plan (ERRP) wat in Oktober 2020 aangekondig is.

“Solidariteit verwelkom die feit dat die Departement van Toerisme se rassefonds gestuit is. Die regering verkeer onder ʼn wanindruk dat ras alles troef en bo die wet verhewe is. Om ras as kriterium te gebruik om ʼn sektor te hervorm wat as gevolg van ʼn pandemie op sy knieë gedwing is, is moreel onregverdigbaar. Die pandemie diskrimineer teen niemand op grond van ras nie, maar tog word hierdie ramp deur die regering uitgebuit en word slegs SEB-sakeondernemings van fondse voorsien ten koste van gevestigde ondernemings van wit eienaars wat genoop word om hul deure te sluit,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Hierdie uitspraak is ʼn groot oorwinning teen die ANC-regering se institusionele rassisme teen minderhede. Die rassistiese Toerismefonds bewys hoe ernstig die regering se rasse-ideologie-infeksie is, en die enigste immuunstelsel wat die regering se immorele rassediskriminasie kan beveg, is vreeslose burgerregte-waghonde soos AfriForum en Solidariteit,”  sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest