Leesvordering:

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Mei 15, 2024

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie.

Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié wetsontwerp ongrondwetlik en boonop onuitvoerbaar is. Die organisasie staan gereed om die implimentering van die NGV tot in die hoogste hof teen te staan en sal op dieselfde dag wat die wetsontwerp onderteken word, ‘n resolusie teken wat hierdie sentiment bekragtig.

AfriForum beoog om die uitvoering van NGV te staak deur nie bloot ’n aansoek teen die implementering van die wet te bring nie, maar deur die regering te dagvaar vir die ondenkbare skade wat NGV aan Suid-Afrikaners se welstand kan berokken. Enkele kwessies wat uitgelig gaan word in AfriForum se hofstukke is:

  • dat daar geen redelike verwagting is dat die wetsontwerp sal slaag in die bevordering van toegang tot gesondheidsorg nie,
  • dat die NGV-wetsontwerp oordrewe mag aan die minister van gesondheid toewys,
  • dat dit inbreuk maak op gesondheidswerkers se reg tot vrye beoefening van hul beroep,
  • dat dit nie voldoen aan die vereiste van duidelikheid en verstaanbaarheid vir ’n wet nie en
  • dat dit inbreuk maak op die fundamentele regte van pasiënte se outonomie om self te kan besluit oor die keuse van beste behandeling.

AfriForum is nie gekant teen redelike maatreëls om die bestaande gesondheidsorg vir alle burgers in Suid-Afrika te verbeter nie, maar is gekant teen hierdie irrasionele wyse om dit te bereik en veral waar dit inbreuk gaan maak op die private gesondheidsorg en waar gehalte gesondheidsorg nog gebied word.

Daar word beoog om deur middel van ‘n aksieproses die geleentheid te kry om deskundige getuienis aan die hof voor te hou dat die uitvoering van dié wet onbekostigbaar is en tot ’n onbekostigbare belastinglas vir die reeds oorbelaste belastingbetalers sal lei. Verder ook dat dit die einde van die onafhanklikheid private gesondheidsorg sal meebring en medici sal dwing om die land te verlaat.  

Volgens Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, is Ramaphosa se besluit gebaseer op 100% politiek, 0% gesondheid en 0% gesonde verstand. “NGV benodig ’n honderd maal soveel geld om te funksioneer as wat in die begroting daaraan toegewys is en tog het Ramaphosa besluit om dit twee weke voor die verkiesing haastig te bekragtig. Dit is tog duidelik net die volgende stap van die ANC se verkiesingsveldtog.”

Die NGV-wetsontwerp is gedurende 2023 deur beide kamers van die parlement goedgekeur, danksy die ANC se volstrekte meerderheid, terwyl opposisiepartye dit deurgaans teengestaan het. Verskeie gesondheidskenners en ekonome het gewaarsku dat NGV onuitvoerbaar is en geweldige skade aan die ekonomie en gesondheidsektor kan aanrig. Daarom het ’n aantal organisasies reeds aangedui dat hulle ook die grondwetlikheid daarvan in die hof sal daag. AfriForum het ook ’n week gelede ’n konferensie aangebied waarin moontlike oplossings vir gesondheidsorg in Suid-Afrika bespreek is in die lig van die bedreigings wat met NGV verband hou.

Boshoff voer verder aan dat byna al die ANC se uitlatings oor NGV met leuens deurspek is. “Dit is immoreel en wreed om gesondheidsfeëverhale aan kiesers te verkoop, terwyl daar glad nie voldoende hulpbronne is om die beloftes gestand te doen nie. Weereens beteken dit net dat NGV stopgesit moet word.”

Nasionale Gesondheidsversekering

Vir meer inligting besoek: www.jougesondheid.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Florida

Uit en tuis: ’n e-pos uit Florida

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Nicolene Coetzee, wat vir...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest