Leesvordering:

AfriForum gaan voort met stappe vir gladder repatriasieprosesse

Mei 26, 2020

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan voort met stappe, insluitend regsaksie, om te verseker dat Suid-Afrikaners wat tans in die buiteland gestrand is of tans in kwarantyn is nadat hulle uit die buiteland na Suid-Afrika teruggekeer het, minder spanning deurmaak.

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, het sy en Sue-Ann de Wet, bestuurder van Suid-Afrikaanse Diaspora by AfriForum, sedert Maart vanjaar met letterlik honderde Suid-Afrikaners in die buiteland wat na Suid-Afrika moes terugkeer, kontak. Toe die grense internasionaal weens COVID-19-inperkings sluit, het sommige gestrand geraak terwyl hulle vakansie gehou of familie besoek het. Ander is deur werkgewers buiteland toe gestuur, nog meer het in die buiteland gewerk of studeer en hulle termyne was verby of is weens COVID-19-inperkings kortgeknip. Hoewel die meeste wat moes terugvlieg reeds kaartjies vir ’n terugvlug na Suid-Afrika gehad het, het die rederye hulle vlugte noodgedwonge gestaak. Die betrokke owerhede van die lande waar hulle gestrand is en van lande waardeur hulle nou in sommige gevalle moes reis, die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (DIRCO) en die betrokke lugrederye moes eers almal saamstem oor datums, tye en die bestuur van groepe voordat repatriasievlugte gefinaliseer kon word en steeds gereël word.

“Wanneer een van die groep belanghebbendes skielik van plan verander, kan dit beteken dat ’n vlug op kort kennisgewing gekanselleer of herskeduleer word, wat groot spanning by die gestrandes en hulle geliefdes tuis veroorsaak. AfriForum is dus deurentyd besig om inligting tussen gestrandes, owerhede en geliefdes uit te wissel en die betrokkenes te herinner dat hulle met DIRCO kontak moet hou. Gereelde kontak met hulle van DIRCO se kant af is verder noodsaaklik en AfriForum probeer ook daarvoor bemiddel.”

Mense wat in buurlande is en na Suid-Afrika wil terugkeer, word eweneens met skakeling gehelp. “Die afgelope twee weke kon al meer groepe teruggevlieg het of ry self terug na Suid-Afrika,” sê De Wet. “Die proses wat in Maart en April nog vol haakplekke was, verloop nou al gladder, maar ons wil die publiek ook vermaan om kalm te bly en nie paniekerig te raak wanneer herbeplanning soms nodig is nie. AfriForum moes al berading reël in enkele gevalle waar gestrandes só angsbevange geraak het dat hulle ’n gevaar vir hulself begin raak het. Ons vra dus ook familie en vriende tuis om kontak te hou met hulle en hulle moed in te praat. Wanneer ’n mens sit en wag om huis toe te kom, gaan tyd ongelooflik stadig verby en voel dit maklik asof almal van jou vergeet het, maar ons kan hulle gerusstel dat baie mense, insluitend ons by AfriForum, onverpoosd werk om hulle huis toe te bring.”

Ook wat kwarantyn aanbetref gaan regsaksie voort om mense wat met hul aankoms kan en wil selfisoleer toegelaat word om dit te doen. AfriForum beskik oor menigte verhale van mense wat in kwarantyn was of steeds is. Vir sommige is dit ’n ontbering, vir ander ’n avontuur. Van die mense het ernstige klagtes oor skendings van hulle regte, terwyl ander net lof het vir die wyse waarop hulle in kwarantyninstellings behandel is.

Bailey sê terwyl daar nog nie regsuitsluitsel oor die verpligte 14 dae kwarantyn in ’n staatsfasiliteit is nie, moet repatriërende Suid-Afrikaners hulle daarop voorberei. “Dit is wel so dat die meeste mense nie eens die volle 14 dae daar hoef te bly nie. Die tydperk hang tans van die diskresie van die betrokke owerhede af. Weer eens is deurlopende, betroubare kommunikasie met mense van die allergrootste belang en eis AfriForum dat die staat se prosesse in dié verband verbeter moet word. Waar mense meen dat hulle regte in die fasiliteite geskend word, kan hulle dit dadelik onder AfriForum se aandag bring. Enige spesiale vereistes of omstandighede, byvoorbeeld mense wat ’n aanvulling van voorgeskrewe medikasie benodig of spesiale dieetvereistes het, moet dit voor repatriasie al onder DIRCO se aandag bring en deurentyd opvolg dat kennis daarvan geneem word.”

AfriForum is ook steeds in kontak met vele Suid-Afrikaners wat plaaslik wag om na werk, studies of gesinslede in die buiteland terug te keer. “Ons is dankbaar dat die owerhede Vrydag uiteindelik amptelik aangedui het dat hulle met hulle vertrek bygestaan sal word en hoop dat hulle ook eersdaags by hul tuistes in die buiteland sal wees.”

Enigeen met vrae of klagtes in verband met enige aspek van die repatriasieproses of proses om na die buiteland terug te keer, is welkom om dit te stuur aan navrae@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest