Leesvordering:

AfriForum Jeug

Sep 9, 2020

Deur Bernard Pieters

AfriForum Jeug is die jeugvleuel van AfriForum, die grootste burgerregte-organisasie in Afrika. Ons is ook deel van die groter Solidariteit Beweging wat byna 20 organisasies insluit, soos Sol-Tech, Akademia, Solidariteit Helpende Hand en Maroela Media. AfriForum Jeug berus op Christelike beginsels. Ons doel is om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem. AfriForum Jeug streef onder meer na die verkryging van kulturele vryheid en die uitbou van ‘n Christelike, demokratiese idee-raamwerk. AfriForum Jeug is dus ʼn algehele burgerregtewaghond vir jongmense. Ons tree nie tot die politiek toe nie, maar werk per geleentheid saam met ander organisasies wat ons belange deel.

AfriForum Jeug fokus op skoolgaande jeug, studente en jong werkendes tot en met die ouderdom van 35. Ons einddoel is om die jeug te ontwikkel, en ons projekte en veldtogte word om hierdie idee beplan en uitgevoer. Ons bied leierskapsontwikkeling aan – vir skoliere op ons skoolkampe, en vir studente tydens ʼn jaarlikse studentesaamtrek genaamd Boerspitus (boeresport, spitbraai en cantus). Boerspitus is ‘n herlewing van intervarsity, maar bied ook vermaak deur kunstenaars aan. Ons reël ook veldtogte om gesonde studentetradisies en studentekultuur op kampusse te bevorder. Op dorpe het AfriForum Jeug besluit om die diverse uitdagings in Suid-Afrika aan te pak met ʼn strategie van desentralisasie. Elke jeugtak op ʼn dorp kan hul projekte selfstandig identifiseer en met hulp van hoofkantoor aanpak, ongeag of dit die bewaring van bedreigde spesies, die behoud en restourasie van erfenisterreine, debatsopleiding of die reël van ʼn sokkie is.

Ons bied ook ʼn verskeidenheid staptoere aan vir die avontuurlustiges wat terselfdertyd meer oor ons geskiedenis wil leer. Weens die politieke invloed op onderwys word groot dele van ons geskiedenis nie meer op skool geleer nie. Hierdie noue uitkyk op die geskiedenis is nie net beperk tot ons Afrikaners nie, daarom maak AfriForum Jeug ook altyd gebruik van geleenthede om van ander kulture te leer en so ʼn geheelbeeld van die geskiedenis te kry.

Ons het ‘n sterk aktivistiese sy wat probleme met plaaslike munisipaliteite en op kampusse op ‘n prettige wyse aanpak. Waar vullis weke lank nie verwyder word nie is ons nie skaam om dit in sakke te verpak en direk na die munisipale gebou te neem vir hul gerief nie. Ons spreek ook soms kontroversiële kwessies op kampusse aan waar sosialisme en kwotas as heilige koeie beskou word en nie bevraagteken mag word nie. Ons neem onbeskaamd deel aan debatte en steun ons argumente met feite eerder as politiese ideologieë.

Ons werk elke dag om vir die Afrikanerjeug geleenthede te skep met opleiding en deur groepe te beskerm – op kampusse teen ‘n onredelike bestuur, en op dorpe of in stedelike buurte teen alles en almal wat hulle lewensgehalte bedreig. Met ons meer as 60 strukture regoor Suid-Afrika poog ons om elke jongmens voor te berei op die realiteite wat hulle gaan teenkom. Met opleiding poog ons om hulle die nodige selfvertroue te gee om vir hulself te kan opstaan in die werkplek.

Na die ouderdom van 35 raak lede by ander portfeuljes betrokke maar bly steeds deel van die jeug-familie. Ons het ʼn baie groot jeugnetwerk wat daagliks groei en mekaar ondersteun waar nodig. As jy by ʼn dorp inry en hulp nodig het, of as jy nie vinnig genoeg by jou familie in ʼn dorp kan uitkom nie, dan weet jy jy kan van hierdie netwerk gebruik maak. Ons lede weet hulle is nooit alleen nie.

Sluit aan en raak betrokke by die grootste burgerregte-organisasie vir die Afrikanerjeug in die geskiedenis.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest