Leesvordering:

AFRIFORUM KONDIG VN-KLAG AAN OOR REGERINGRASSISME TYDENS COVID-19-PANDEMIE

Jun 12, 2020

AfriForum het vandag tydens ’n regstreekse aankondiging ’n klag by die Verenigde Nasies (VN) teen die Suid-Afrikaanse regering bekendgestel oor die regering se gebruik van inperkingsmaatreëls tydens die COVID-19-pandemie om die ANC se rasseagenda te bevorder. AfriForum gaan dié klag by dr. Fernand de Varennes, die VN se spesiale rapporteur vir minderheidskwessies, indien en ook versoek dat hy ondersoek instel na die wyse waarop die Suid-Afrikaanse regering die COVID-19-pandemie misbruik om ’n diskriminerende rasse-ideologie op die samelewing af te dwing.

Die klag volg nadat die Suid-Afrikaanse regering verskeie stappe gedoen het om sy reaksie teen die COVID-19-pandemie uit te voer op ’n wyse wat op rassegrondslag teen minderhede diskrimineer. Die klag wys op verskeie uitsprake wat in dié verband deur die Suid-Afrikaanse regering, die regerende party en die regerende party se alliansievennote gemaak is, asook die feit dat die Suid-Afrikaanse regering ras as maatstaf gebruik om verligting te bied aan klein en mediumgrootte sakeondernemings wat swaarkry weens die inperking.

President Cyril Ramaphosa het onder meer gesê dat die regering se reaksie op die pandemie hoofsaaklik die belange van swart mense moet bevorder, dat wit mense se “sense of entitlement” blameer moet word vir ongelykheid in Suid-Afrika en dat ʼn “fundamentally different society” in Suid-Afrika gebou moet word. Om dit te laat gebeur, het Ramaphosa gesê, moet bestaande instellings eers vernietig word.

Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, het ’n beroep op internasionale meningsvormers gedoen om hulle teen dié praktyk uit te spreek.

“Die feit dat ’n regering ’n wêreldwye pandemie as rookskerm gebruik om ’n  ideologie van rassisme en ’n agenda van rassediskriminasie te bevorder, is gewoon immoreel en kan op geen manier regverdig word nie.”

AfriForum het ook ’n beroep gedoen op mense in die buiteland om die organisasie se veldtog teen rassisme te ondersteun deur die webblad www.friendsofafriforum.com te besoek.

Lees die verslag hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest