Leesvordering:

AfriForum neem mynaansoek by Krugerwildtuin onder die loep

Feb 8, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het met kommer kennis geneem van Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. se nuutste aansoek om steenkool te myn in ’n gebied van ongeveer 87 000 ha naby Komatipoort en die Nasionale Krugerwildtuin. Die organisasie se regspan het ’n skrywe aan Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. gestuur om die organisasie as ’n belanghebbende en geaffekteerde party te registreer, asook om alle inligting rakende hulle aansoek te verskaf. 

AfriForum het reeds in 2019 strafregtelike klagtes teen Singo Consulting (Edms.) Bpk. – wat as konsultante vir Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. opgetree het – ingedien nadat daar na bewering bedrog in die vorm van plagiaat in hul omgewingsimpakstudie gepleeg is. Daar is toe ook aansoek gedoen om ’n steenkoolmyn oor ’n gebied van 18 000 ha digby die Krugerwildtuin te begin.

Die organisasie is verder besig met ’n hofaansoek teen Barbara Crecy, Minister van Omgewingsake, oor mynbedrywighede. Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. is ook tot dié saak gevoeg.

“Indien daar met hierdie aansoek voortgegaan word, en daar word wel in die gebied gemyn, kan dit enorme nadelige en vernietigende gevolge vir die onmiddellike omgewing, die Krokodilrivier en ander waterbronne, natuurreservate, wildlewe, die padnetwerk in Mpumalanga en landbouaktiwiteite inhou. AfriForum sal nie toekyk hoe onwettige mynboubedrywighede die land verwoes nie,”

sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest