Leesvordering:

AfriForum neem sy #AnkerdorpPadskou na George

Mei 27, 2019

AfriForum het sy #AnkerdorpPadskou op 2 Mei 2019 in George afgeskop. Die George-tak was die eerste van AfriForum se aktiewe takke om die gehalte van hul dorp se drink- en rioolwater te toets as deel van diè padskou se verskeie aktiwiteite

AfriForum se #AnkerdorpPadskou is ’n veldtog waartydens hoop in dorpe landwyd geskep word deur verskeie gemeenskapsaksies, wat ’n positiewe verskil maak, deur die jaar aan te pak. Ons maak waterlekke reg, vul slaggate, verf paaie, rig padtekens op, takel munisipale probleme, besoek skole, ondernemings en gesondheidsorginstellings, knap ouetehuise op, bied inligtingsessies en opleiding aan, maak skoon, versterk gemeenskapsveiligheid en vele meer.

Verskeie aksies is in George aangepak gedurende Mei om AfriForum se teenwoordigheid in die dorp op te skerp en saam met die gemeenskap hoop te skep. Aksies sluit ondermeer die volgende in; opknapping van Rosemoor-ouetehuis se ontspanningsvertrek, verskeie ondernemings is met middagete verras, lede van AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan het veiligheidsoudits by skole in die dorp gedoen, skoonmaakaksies is in die omgewing gehou, teenboeliegesprekke is by skole aangebied, inligting stalletjie in Garden Route Mall sowel as die uitdeel van gratis items by verkeersligte in en om die dorp.

Al wat dit verg om ’n dorp beter te maak, is die uitvoer van een positiewe aksie op ’n slag. Wees jý die verskil wat jy in jou dorp wil sien!

Vir meer inligting oor AfriForum se #AnkerdorpPadskou, besoek gerus www.ankerdorp.co.za.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest