Leesvordering:

AFRIFORUM ONDERSTEUN QUINTON DE KOCK SE BESLUIT

Okt 27, 2021

AfriForum veroordeel Krieket Suid-Afrika (KSA) se direktief waarin alle Protea-spelers gedwing word om die knie te buig, ten sterkste. Ingevolge dié direktief moet alle krieketspelers wat Suid-Afrika in die T20 Wêreldbeker wil verteenwoordig, die knie buig. Indien die speler nie die knie buig nie, kan dit daartoe lei dat die speler uit die span gelaat word en sanksies deur KSA in die gesig staar.

Die eenparige besluit wat die KSA-raad op 25 Oktober geneem het, is ’n buitemagtige misbruik van gesag, sê Ronald Peters, AfriForum se bestuurder vir sport. Hierdie besluit sal beslis nie die grondwetlike toets in die hof deurstaan nie aangesien dit heelwat regte skend wat deur die Grondwet beskerm word. Hierdie regte sluit in die reg op gelykheid en die reg om nie onbillik teen iemand te diskrimineer nie, die vryheid en sekuriteit van die persoon, vryheid van godsdiens, oortuiging en mening, vryheid van uitdrukking, vryheid van assosiasie en die reg om politieke keuses te maak.

Die besluit om die knie te buig, moet presies dit bly. Baie topatlete van baie verskillende nasionale, rasse en kulturele agtergronde het hulle redes verskaf waarom hulle weier om die knie te buig. Baie mense wat voorheen die knie gebuig het, het onlangs besluit om dit te staak. Hulle redeneer dat die gebaar nie meer kragtig is nie omdat almal dit doen en dat werklike verandering stadig plaasvind of dat niks verander nie. AfriForum stem saam dat ’n gebaar alle meriete en betekenis verloor wanneer mense gedwing word. Deur professionele atlete te dwing om afstand te doen van hul regte en vryheid, is onaanvaarbaar.

AfriForum ondersteun die standpunt wat Quinton de Kock ingeneem het om op te staan vir sy regte en die reg om te kan besluit watter inisiatiewe hy wil ondersteun. Ons ondersteun verder hierdie besluit omdat die standpunt wat KSA in hierdie geval ingeneem het, onregverdig is en verskeie menseregte skend.

  • AfriForum sal met sy regspan vergader oor die pad vorentoe.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest