Leesvordering:

AfriForum Onderwys in Genève, Switserland

Feb 26, 2020

Deur Carien Bloem, bestuurder vir onderwys by AfriForum

In November 2019 het ek die geleentheid gehad om ’n sitting van die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland by te woon saam met AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey. Alana skakel al meer as tien jaar met Europese lande oor minderheidsregte. Sy is ’n kenner van taalregte en die uitdagings wat die gebrek aan moedertaalonderrig – veral Afrikaanse moedertaalonderrig – in Suid-Afrika veroorsaak.

Die tema vir 2019 se forum was Taal en Onderwys en die uitdagings wat wêreldwyd daarmee gepaard gaan. Dit was ’n ongelooflike ervaring om deel te wees van so groot internasionale forum waar elkeen graag sy stem wil laat hoor. Aanvanklik het ek oorweldig gevoel, maar ek het baie gou tuis geraak en besef daar is wel plek vir minderhede in die wêreld. Die feit dat jy deel is van ’n klein groepie beteken nie jy kan nie ‘n impak maak nie. Dit is dan ook een van die redes waarom AfriForum jaarliks die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede nasies bywoon.

Skakeling met die buiteland is baie belangrik. Omdat AfriForum al jare lank aan verhoudings bou, is die Verenigde Nasies vertroud met ons werk en die waarde daarvan. Ons onderwys- en taalprobleme is nie van die ergste ter wêreld nie en gaan nie oornag opgelos word nie, maar om nou al ons paadjie te plavei, gaan in die toekoms nog baie vir ons beteken.

Die bywoning van so ‘n forum gee ‘n mens nuwe perspektief. In Suid-Afrika is die druk op Afrikaanse onderrig groter as ooit te vore. Dit is vir ons erg dat Afrikaanse skole so uitgedun is en dat universiteite amper geen Afrikaanse onderrig meer bied nie, maar ons het gehoor van groepe wat glad nie eens meer hul eie taal mag praat nie. Daar is ook mense wat in slawerny gebore is en nie oor die reg tot onderrig beskik nie. En dit in die 21ste eeu!

Die bywoning van die forum is noodsaaklik. AfriForum kan nie wag tot Afrikaans heeltemal afgeskaf is en dit te laat is om enigiets te doen nie; ons moet aanhou met bewusmaking oor Afrikaans en Afrikaanse onderrig, binne en buite Suid-Afrika. Ons as ’n minderheidsgroep maak ’n impak en dis groter as wat ons dikwels dink.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest