Leesvordering:

AfriForum pak Netflix oor diskriminerende nagraadse beursprogram

Nov 2, 2021

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n petisie van stapel gestuur en ’n skrywe aan die Netflix Black Creatives Empowerment Fund gerig. Dit volg ná die aanlyn stroomvermaaklikheidsdiens Netflix ’n beurs bekendgemaak het vir nagraadse studente in 2022 wat kwalifikasies in die flim- en TV-genres nastreef. Een van die kwalifiseringsvoorwaardes is dat die aansoeker swart moet wees soos gedefinieer in die BBSEB-gedragskode. 

“Blatante diskriminasie van hierdie aard is onaanvaarbaar. Met hierdie beurs sal ’n ambisieuse wit student wat wil aansoek doen, onmiddellik afgekeur word op grond van die kleur van hul vel, ongeag hul finansiële agtergrond. Om te demonstreer hoe wreed diskriminerend hierdie beurs is: Die kriteria sal dit moontlik maak vir ’n swart kind van ’n ryk politikus of miljardêr om bevoordeel te word bó ’n wit kind uit ’n arm huishouding,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Hierdie tipe blatante, skaamtelose diskriminasie het geen plek in die samelewing nie en AfriForum wil daarom hê dat jy jou stem moet dik maak.

Meer oor die outeur

Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en Tuis: ’n E-pos uit Riga, Letland

Uit en Tuis: ’n E-pos uit Riga, Letland

In Uit en Tuis gesels ons met mense wat tans in die buiteland woon of voorheen daar gewoon en gewerk het. Hierdie week gesels ons met Marelize Vermeulen, wat tans in Riga, Letland studeer. Sy vertel ons van karums, ’n lekker wat van maaskaas gemaak word met allerhande...

Kollig Nuusbrief: 20 Januarie 2022

Kollig Nuusbrief: 20 Januarie 2022

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Hier is die...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

deur Suné van Heerden Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. ‘Werkplek-terroris’ Malema...

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Wêreldwyd vriende

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest