Leesvordering:

AfriForum publiseer lys van plase wat vir onteiening geteiken word

Aug 12, 2018

AfriForum het vandag die lys van plase op sy webblad bekend gemaak wat klaarblyklik deur die regering geïdentifiseer is om in die komende weke sonder vergoeding onteien te word. Dít volg nadat die regerende ANC in die afgelope week gesê het dat die party 139 plase vir hierdie doel geïdentifiseer het. Die lys van plase was egter vertroulik en nóg die party, nóg die regering was bereid om dit bekend te maak.

AfriForum het egter ’n dokument bekom wat deur die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming gesirkuleer word as ’n lys van plase wat vir hierdie doel as toetssake sal dien. Die dokument bevat egter nie die besonderhede van 139 plase nie, maar wel 190 eiendomme.

AfriForum doen ’n beroep op die publiek om dié lys na te gaan en te versprei sodat betrokke plaaseienaars die organisasie kan kontak om ’n gesamentlike regstrategie voor te berei.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat ’n voorlopige ondersoek daarop dui dat daar waarskynlik talle plase op die lys is wat geen geskiedenis van grondeise het nie en waaroor daar ook nie tans ’n dispuut tussen die eienaar en die staat bestaan nie. “Ons verwag dat talle van die grondeienaars geskok sal wees om te hoor dat hul eiendom vir hierdie doel geïdentifiseer is. Dit is juis waarom dit so belangrik is dat hierdie lys versprei word en dat mense ons moet kontak.”

Roets voeg by dat hierdie dokument as ’n wekroep moet dien vir diegene wat glo dat die regering goeie bedoelings het en wat nog wonder of onteiening sonder vergoeding werklik tot groter voedselsekerheid sal lei. “Dit is duidelik dat die motief nie is om beweerde historiese foute reg te stel nie, maar dat daar politieke bymotiewe in hierdie proses is.”

Die lys kan by www.onteiening.co.za besigtig word.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest