Leesvordering:

AfriForum se tienpuntplan vir ’n Afrikaanse Valentynsdag

Feb 9, 2017

Daar is diegene wat die viering van Valentynsdag as volksvreemd beskou, maar indien ’n mens die lewe ’n bietjie kan romantiseer, en boonop Afrikaans bevorder, waarom dan nou nie?

Om dié rede verskaf AfriForum ’n tienpuntplan vir ’n Afrikaanse Valentynsdag.

  1. Indien jy die tradisionele roete wil volg deur ’n kaartjie te koop, sorg dat dit ’n Afrikaanse kaartjie is. En as die winkel slegs Engelse kaartjies aanhou, vra mooi dat hulle Afrikaanse kaartjies ook moet verkoop.
  2. Skryf vir jou geliefde ’n Afrikaanse liefdesgedig of romantiese brief in jou beste handskrif, op mooi papier.
  3. Maak ’n versameling van jou gunsteling Afrikaanse liefdesliedjies op die tegnologiese wyse van jou keuse en gee dit aan jou geliefde.
  4. Koop jou gunsteling Afrikaanse roman, soek die mooiste aanhaling daarin, kleur dit in of onderstreep dit, óf sit ’n mooi Afrikaanse boekmerk daarby in.
  5. Koop ’n T-hemp met ’n pragtige Afrikaanse boodskap as geskenk vir jou geliefde (sien die versamelings van De Afrikander Handelshuis, Maroela Media of Valhalla).
  6. Laat druk jou gunsteling romantiese spreekwoord of aanhaling op doek en laat dit raam of blok as geskenk.
  7. Maak ’n video met die mooiste foto’s van julle saam en julle gunsteling- Afrikaanse liedjie.
  8. Laat ’n mooi kussingoortreksel borduur met woorde wat julle verhouding opsom (wenk: “stormagtig” gaan nie werk nie).
  9. Koop die oggend van 14 Februarie ’n Afrikaanse koerant. Maak papierrose daarvan (daar is baie voorbeelde daarvan op YouTube). Oorhandig dan die rose “wat Afrikaans praat”.
  10. Skryf julle verhaal van waar julle ontmoet het tot die drome vir die toekoms. Voeg foto’s of sketse by. Laat druk dan ’n boekie, maak self een daarmee of skep ’n webtuiste en laai dit daarop.
Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest