Leesvordering:

AfriForum sit internasionale veldtog teen onteiening sonder vergoeding voort met oorhandigings aan diplomatieke missies in Suid-Afrika

Mei 10, 2018

AfriForum het vandag inligting oor grondhervorming in Suid-Afrika en die burgerregte-organisasie se kommer oor die regering se voorneme om onteiening sonder vergoeding te wettig, aan verskeie ambassades en hoëkommissariate in Suid-Afrika oorhandig. Daarmee word die betrokke lande se steun teen sodanige onteieningsprosesse gevra.

Die meer as 50 diplomatieke missies wat gekontak of besoek is, sluit in dié van die VSA, Verenigde Koninkryk, Duitsland, Japan, Namibië, Botswana, Australië, Singapoer, Nederland, België, Indië, asook ander groot handelsvennote van Suid-Afrika en lande wat sterk standpunt inneem ter beskerming van privaat eiendomsregte.

In die voorlegging aan die ambassades en hoëkommissariate maak AfriForum dit duidelik dat die organisasie wil toesien dat Suid-Afrika sal aanhou om buitelandse beleggings te ontvang, dat die ekonomie moet groei en daarmee saam ook werksgeleenthede en geleenthede vir volhoubare welvaartskepping vir almal in die land. Indien privaat eiendomsreg egter bedreig of afgeskaf word, kan dit ’n rampspoedige ekonomiese ineenstorting tot gevolg hê, iets wat ten alle koste voorkom moet word.

Die aksie van vandag vorm deel van ’n omvattende internasionale veldtog. Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, en Ernst Roets, die organisasie se adjunk- uitvoerende hoof, besoek ook tans die VSA om gesprekke aldaar in dié verband met meningsvormers te voer. Verder sal besoeke aan Australië, Europa en Brittanje eersdaags plaasvind.

Die kort memorandum oor grondhervorming wat vandag aan die diplomatieke missies oorhandig is, word hierby aangeheg. ’n Meer omvattende verslag oor grond in Suid-Afrika, soos gesien vanuit ’n georuimtelike perspektief, kan hier geraadpleeg word: https://www.afriforum.co.za/wp-content/uploads/AfriForum-Land-and-land-reform-1.pdf.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest