Leesvordering:

AfriForum spreek Wes-Australiese parlement toe oor plaasmoorde

Okt 17, 2018

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n voorlegging oor plaasmoorde in Suid-Afrika aan lede van die Wes-Australiese parlement gemaak. Dié voorlegging volg nadat daar vanjaar reeds nagenoeg 346 plaasaanvalle en 46 -moorde aangeteken is, terwyl pres. Cyril Ramaphosa hierdie tragedie ontken.

“Parlementslede is veral geskok oor die feit dat pres. Ramaphosa die bestaan van plaasmoorde in Suid-Afrika ontken ondanks die bewyse wat reeds bestaan, asook die bewyse wat AfriForum vandag verder bekend gestel het,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron meen Ramaphosa se blatante leuens aan die wêreld neig daartoe dat die Suid-Afrikaanse regering aandadig is tot plaasmoorde en dat die ANC-regering slagoffers van plaasaanvalle en -moorde verneder deur hulle as leuenaars uit te maak.

AfriForum het ook beeldmateriaal van veral pres. Ramaphosa en Julius Malema, leier van die EFF, tydens die voorlegging vertoon om die polariserende klimaat wat al deur hulle veroorsaak is beter te illustreer.

“Ons het vandag se voorlegging opgedra aan elke slagoffer wat al wreed op ’n plaas in Suid-Afrika vermoor is deur Willemientjie Potgieter se verhaal te vertel – sy het op tweejarige ouderdom saam met haar ouers, Attie en Wilna Potgieter, ’n marteldood tydens ’n plaasaanval in die Vrystaat gesterf,” sê Cameron.

“Die twee mees verwoestende kragte in die mensdom is sosialisme en rassisme, en wanneer dit saamgevoeg word, is dit ʼn vreesaanjaende kombinasie.

“Diegene wat besorgd is oor menseregte het ʼn belangrike rol gespeel om apartheid te beëindig. As minderhede dus vandag onderdruk word, het ons ʼn verpligting om ons daarteen uit te spreek,” sê Aaron Stonehouse, Liberale lid van die Wes-Australiese wetgewende raad en LP vir die Liberaal Demokrate.

Parlementslede het aangedui dat hulle sal voortgaan om die saak aan te roer en die boodskap wêreldwyd te ondersteun. Van die lede het dit ook duidelik gemaak dat hulle die veldtog verder in Australië sal dryf.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest