Leesvordering:

AfriForum staan voorgestelde wetsontwerp wat vryheid van spraak bedreig teen in mondelingse voorlegging

Mei 18, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n kritiese mondelingse voorlegging gedoen voor die portefeuljekomitee vir Justisie en Korrektiewe Dienste oor die voorgestelde wetsontwerp oor die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdaad en Haatspraak. Dié kommentaar handel oor die 2019-weergawe van die voorgestelde wetsontwerp. AfriForum het in 2019 en 2021 skriftelike kommentaar ingedien teen hierdie voorgestelde wetgewing. Hoewel die huidige weergawe reeds aan die vorige parlement voorgelê is, het dit intussen verval. Die wetsontwerp is nou weer eens oopgestel vir kommentaar deur die publiek en sal weer aan die huidige parlement voorgelê word.

Die grondwetlike standaard oor haatspraak is vryheid van spraak wat nie strek tot die aanhitsing van haat gebaseer op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens nie en wat nie neerkom op aanhitsing tot geweld nie.

Volgens die wetsontwerp sal die blote aanhitsing van haat of skade egter genoeg wees om as haatspraak beskou te word. ’n Ander probleem is dat die “skade” wat in die voorgestelde wetsontwerp gedefinieer word ook emosionele en sosiale skade insluit.

Verder is die gronde waarop haatspraak volgens die wetsontwerp gepleeg kan word te verreikend en sluit ouderdom ook in. Die gevolg hiervan is dat dit ’n strafbare oortreding gaan wees om iemand te terg oor hul ouderdom (byvoorbeeld om na iemand te verwys as ’n outoppie). Só ’n oortreding is strafbaar met drie jaar tronkstraf.

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, hou vol dat dit duidelik is dat die koste baie hoog sal wees as die breë definisies van skade en haatspraak wat deur die wetsontwerp voorgestel word, aanvaar word.

“Die reg tot vryheid van spraak wat beskerm word deur die Grondwet bestaan juis om spraak te beskerm wat sommige mense of regerings aanstootlik, selfs diep ontstellend, mag vind, of waarvan hulle nie hou nie. As vryheid van spraak slegs spraak beskerm het wat gewild was of waarvan almal hou, dan sou dit geen beskerming deur die Grondwet vereis het nie,” sluit Van Zyl af.

Kyk AfriForum se mondelingse voorlegging hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest