Leesvordering:

AfriForum verheug oor groeiende buitelandse teenstand teen grondonteieningsplanne

Jul 5, 2019

Foto is geneem Junie 2018

Die burgerregte-organisasie AfriForum neem met waardering kennis van die mosie wat pas deur die Nederlandse parlement aanvaar is. Dié mosie versoek dat die Nederlandse regering standpunt teen die Suid-Afrikaanse regering se voorgenome proses van onteiening sonder vergoeding inneem. AfriForum verwelkom ook dat die mosie duidelik verklaar dat sodanige rasgebaseerde onteiening sonder vergoeding, strydig met menseregte en bepalings van onder meer die Universele Verklaring van Menseregte en die Afrika-Handves van Menseregte is.

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir internasionale skakeling, bring AfriForum sedert die ANC se besluit in 2017 – om met ’n proses van onteiening sonder vergoeding te begin – kommer oor die gevolge van so ’n menseregtevergryp onder die aandag van senior politici en amptenare in onder meer Europa, Brittanje, die VSA en strukture van die VN. Die Nederlandse parlementariër wat die mosie ingedien het, Martijn van Helvert, is een van diegene wat sedertdien deurlopend van inligting in dié verband voorsien word.

“Die mosie is maar die jongste voorbeeld van toenemende buitelandse teenkanting teen pogings om onteiening sonder vergoeding te wettig en toe te pas. In 2018 het dit byvoorbeeld aan die lig gekom dat Nederland en vier van Suid-Afrika se ander vernaamste handelsvennote (die VSA, Brittanje, Duitsland en Switserland) ’n memorandum aan die Suid-Afrikaanse president gestuur het waarin kommer oor onder meer die beleidsonsekerheid oor eiendomsregte uitgespreek is.”

Volgens Bailey is dit interessant dat die mosie in dieselfde week aanvaar is wat meer getuienis in die ondersoek na staatskaping aangehoor is teen Bruce Koloane, wat tans die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland is. In 2017 het die #GuptaLeaks-ondersoekspan beweer dat Koloane sy posisie as ambassadeur misbruik het om besigheidsooreenkomste vir die omstrede Gupta-familie te beding. Ten spyte daarvan is geen ondersoek skynbaar deur die regering teen hom onderneem nie en dien Koloane steeds in hierdie sensitiewe posisie, wat weinig kan doen om Nederlandse vertroue in die Suid-Afrikaanse regering te bevorder.

Bailey beklemtoon die noodsaaklike rol wat burgerlike instellings soos AfriForum moet speel om korrupsie en selfvernietigende beleide soos dié van onteiening sonder vergoeding onder buitelandse politieke en handelsvennote se aandag te bring. “Die ekonomiese welstand en stabiliteit van Suid-Afrika raak nie net alle inwoners van die land nie, maar ook buitelandse beleggers en sakevennote. Dit help nie om te wag tot menseregtevergrype plaasvind nie –standpunt moet betyds ingeneem word daarteen, veral wanneer ’n land reeds in ’n ekonomiese krisis verkeer, soos wat met Suid-Afrika die geval is,” sê Bailey.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest