Leesvordering:

AfriForum versoek Amerikaanse NRO om NGV-prys aan Ramaphosa terug te trek 

Okt 9, 2019

AfriForum het vandag ’n skrywe aan die New York-gebaseerde nieregeringsorganisasie (NRO) The Access Challenge gestuur. Die burgerregteorganisasie versoek hierin dat die NRO sy toekenning vir universele gesondheidsorg aan pres. Cyril Ramaphosa vir die implementering van nasionale gesondheidsversekering (NGV) terugtrek en het ook die ware feite rondom gesondheidsorg in die land bekend gemaak.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het hierdie toekenning in September vanjaar namens Ramaphosa in New York ontvang. AfriForum maak dit in die skrywe duidelik dat die organisasie nie gekant is teen gehalte- mediese sorg vir almal nie, maar dat NGV nie die antwoord op die land se gesondheidsorgprobleme is nie. “Dit is belangrik dat die internasionale gemeenskap kennis dra van die regte toestand waarin Suid-Afrika se gesondheidsektor is en nie deur die ANC mislei word om die implementering van NGV te verwelkom nie. Die regering weier bloot om die goue middeweg tussen privaat en staatsgesondheidstelsels te volg – wat uiteindelik tot beter gesondheidsorg vir almal in die land kan lei. Die politieke wil om werklik die gesondheidstelsel reg te ruk, ontbreek egter,” sê Natasha Venter, AfriForum se woordvoerder vir NGV.

Die regering is volgens Venter voorts primêr verantwoordelik vir die styging in privaat mediese onkostes die afgelope paar jaar. “Dit is oneerlik van die regering om aan te voer dat NGV nodig is weens die hoë kostes van privaat gesondheidsorg wanneer die regulatoriese raamwerke wat die staat op die privaat gesondheidsektor afgedwing het, die hoofoorsaak daarvan is.”

AfriForum voer verder in die skrywe aan dat korrupsie en wanbesteding in die staatsgesondheidsdepartement hoogty vier en dat die departement nie met nóg belastingbetalersgeld vertrou moet word nie. “Die regering se eie teenkorrupsie-eenheid vir gesondheid het onlangs bekend gemaak dat die gesondheidsdepartement jaarliks meer as R22 miljard verloor weens korrupsie en bedrog. Tog besluit die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in dieselfde maand om geen regeringsamptenaar vir die Life Esidimeni-tragedie te vervolg nie. Dit bevorder onverantwoordbaarheid in dié departement wat reeds só ’n swak baanrekord het.”

AfriForum moedig die publiek aan om kommentaar teen NGV aan die portefeuljekomitee vir gesondheid te stuur deur www.afriforum.co.za/afdelings/veldtogte/nasionale-gesondheidsversekering/ te besoek

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest