Leesvordering:

AfriForum verwelkom pres. Trump se aankondiging dat VSA onteiening in SA gaan ondersoek

Aug 23, 2018

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donald Trump, die Amerikaanse president, se aankondiging op Twitter verwelkom dat hy Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, versoek het om onwettige grond- en plaasbesettings, onteiening én die grootskaalse moorde op boere in Suid-Afrika deeglik te ondersoek.

Trump se aankondiging volg slegs drie maande nadat AfriForum ’n afvaardiging na die VSA gestuur het om die Cato Institute (’n prominente Amerikaanse dinkskrum), Tucker Carlson (aanbieder van Fox News) en verskeie ander instellings en politici in te lig rakende die situasie in hierdie verband in Suid-Afrika.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sy dank uitgespreek teenoor die Cato Institute, Tucker Carlson en elke ander rolspeler in die VSA wat standpunt ingeneem het om die ANC se planne om die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, asook die plaasmoordkrisis in SA, deel van die Amerikaanse openbare agenda te maak.

Volgens Kriel het sy organisasie geen ander keuse as om internasionale steun teen onteiening sonder vergoeding te werf nie, aangesien die ANC amptelik aangekondig het dat dié party besluit het om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak – selfs voordat die openbaredeelnameproses in SA afgehandel is.

“Die ANC se besluit soos aangekondig deur pres. Cyril Ramaphosa self, het ’n klug van die plaaslikedeelnameprosesse gemaak en daarom gaan AfriForum voort om as laaste uitweg internasionale druk vir die beskerming van eiendomsreg in SA te mobiliseer.”

Kriel het daarop gewys dat pres. Trump se aankondiging nie net goeie nuus vir eiendomseienaars in SA is nie, maar vir almal in die land.

“Venezuela, met ’n armoedekoers van 90%, en Zimbabwe, met ‘n werkloosheidsyfer van 90%, is voorbeelde daarvan dat die miskenning van eiendomsreg ’n land se ekonomie vernietig tot nadeel van almal in die land. Almal in SA behoort dus te hoop dat die druk vanuit die VSA die ANC en regering sal laat herbesin oor die rampspoedige pad waarop hulle Suid-Afrika wil lei,” voeg Kriel by.

Die ANC se deurlopende ontkenning van die feit dat plaasmoorde, wat proporsioneel aansienlik hoër as SA se gemiddelde moordsyfer is, ’n unieke krisis is wat spesifieke aandag moet kry, het AfriForum genoop om ook die plaasmoordkrisis in die land onder die internasionale gemeenskap se aandag te bring.

Kriel het aangedui dat, in die lig daarvan dat die Amerikaanse departement van buitelandse sake nou opdrag van pres. Trump gekry het om ondersoek na onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde in te stel, AfriForum gereed is om bykomende inligting daaroor tot die Amerikaanse regering se beskikking te stel.

AfriForum gaan sy veldtog verskerp om die internasionale gemeenskap in te lig rakende die bedreiging van eiendomsreg en plaasmoorde in SA.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest