Leesvordering:

AfriForum waarsku oor eensydige vervolgings van apartheidseramisdade

Sep 13, 2021

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n dokumentêr uitgereik wat ook die soeklig op ANC-lede en hul alliansievennote se misdade tydens apartheid werp. Dit volg ná die staat planne aangekondig het om polities gedrewe misdade te vervolg wat tydens apartheid gepleeg is.

Adv. Shamila Batohi, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is in die proses om ’n eenheid op die been te bring om hierdie tipe misdade te vervolg. Die Valke het ook reeds ’n eenheid gestig om dié misdade te ondersoek.

Volgens AfriForum gaan die stappe opnuut polarisasie in die land skep. Die praktyk het naamlik reeds bewys dat die staat, wat vervolgings betref, nalaat om hooggeplaaste ANC-lede te vervolg wat nié amnestie van die Waarheid-en-versoeningskommissie ontvang het vir die opdragte wat hulle destyds vir die uitvoer van terreurdade gegee het nie.

“AfriForum is van mening dat die boek van die verlede gesluit moet word. As die staat wel met die vervolgings voortgaan, behoort dit ook lede van die ANC en sy vennote – wat verantwoordelik was vir die dood en besering van duisende mense – te vervolg. Sou dit blyk dat hierdie vervolgings eensydig is, sal AfriForum se privaatvervolgingseenheid druk op die NVG plaas om ook ANC-leiers te vervolg. As dit onsuksesvol is, sal  privaat vervolgings sterk oorweeg word,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

“Daar blyk gronde te wees vir vervolging in talle van die sake waarin ANC-lede en bondgenote die verdagtes is. Indien wel, en indien die staat selektief sou vervolg, sal die privaatvervolgingseenheid in lyn met ons fokus op gelykheid voor die reg dié sake vir privaat vervolging oorweeg,” meen adv. Gerrie Nel, hoof van Afriforum se privaatvervolgingseenheid.

Klik hier om die dokumentêr te kyk.

Meer oor die outeur

Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig Nuusbrief: 16 September 2021

Kollig Nuusbrief: 16 September 2021

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die...

Die dood van De la Rey

Die dood van De la Rey

Dit is vandeesweek reeds 107 jaar sedert die legendariese genl. J.H. (Koos) de la Rey in 1914 gesterf het. Hoewel hy meestal bekend is vir sy leeueaandeel in die Boererepublieke se stryd teen die Britse magte gedurende die Anglo-Boereoorlog, bly sy dood steeds ’n saak...

Herontdek die lewe van die Leeu van die Wes-Transvaal

Herontdek die lewe van die Leeu van die Wes-Transvaal

Hy word bestempel as ’n Godsman, krygsman, patriot, praktiese leier en vreeslose vegter, maar vir die meeste mense sal Koos de la Rey verewig onthou word as die Leeu van die Wes-Transvaal. Die verhaal van die Leeu, sy lewe voor, tydens en ná die Anglo-Boereoorlog...

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Wêreldwyd vriende

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest