Leesvordering:

AfriForum Wêreldwyd se kuieroggend vir enigeen met kinders of kleinkinders in die buiteland

Okt 23, 2023

AfriForum Wêreldwyd gaan ’n kuieroggend aanbied vir ouers en grootouers met kinders of kleinkinders in die buiteland.

Het jou geliefdes geëmigreer, of beplan hulle om te gaan? Voel jy onseker hoe om die stap te hanteer en wil jy net ’n ondersteuningsnetwerk hê wat verstaan?

Ons besef wanneer jou geliefdes besluit om die land permanent te verlaat, moet jy meteens ’n hele paar uitdagings trotseer. Hierdie sal die ideale geleentheid wees om ’n waardevolle ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wat die verlange te veel raak.

Kundiges sal help om tydens die kuier jou vrae en bekommernisse te beantwoord en jy sal ook jou wenke en ander vrae kan deel met ouers en grootouers wat die realiteit van emigrasie verstaan.

Wanneer: 7 Desember 2023
Tyd: 09:00 vir 09:30
Waar: Irene Country Lodge in Pretoria. Ons sien uit om die dag saam met julle te kan kuier!
RSVP: Voor of op 24 November 2023 (Daar is beperkte spasie dus is bespreking noodsaaklik.)

Enige vrae kan gerig word aan Sue-Ann de Wet by wereldwyd@afriforum.co.za.

Dit is noodsaaklik om te RSVP. Bevestig jou bywoning deur die vorm hierbo in te vul. Registreer nou en verseker jou sitplek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest