Leesvordering:

AfriForumTV: Gratis Afrikaanse inhoud

Okt 6, 2023

AfriForumTV is ’n aanlyn platform waarvandaan kykers Afrikaanse inhoud van verskeie genres kan stroom. Dit bied ook ’n verskeidenheid kanale vir uiteenlopende smake wat jy met gemak op jou TV en slimtoestel kan geniet.

Dit is vir ons belangrik om die AfriForumTV-gemeenskap te groei en ons doelwit is om die grootste Afrikaanse aanlyn stromingskanaal te word. Ons kan dit nie doen sonder jou ondersteuning nie.

AfriForumTV is aanlyn beskikbaar en kan afgelaai word as ’n toep by Google Play en Apple App Store.

Kykgenot op AfriForumTV:

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2023

Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings word ter erkenning van kunstenaars, produksies en lirieke van hoogstaande gehalte aangebied en sal gepaardgaan met ’n glansgeleentheid waarby die land se beste Afrikaanse kunstenaars betrek word. Die vernaamste doel bly steeds om deurlopende harde en uitstaande werk op musikale vlak in ons pragtige taal, Afrikaans, te beloon en te vereer.

Begrond

’n Plaasmoord ruk ’n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is. Sy terugkeer na die plaas krap ou wonde oop.

Byt & Buskruit

Byt & Buskruit is ’n opwindende nuwe jag-en-visvangprogram waarin aanbieder Adam Tas saam met Suid-Afrika se beste kunstenaars die natuur verken by verskeie plekke.

De Kleine Griet

Volg hierdie maltrapkomedie-avontuur saam met kaptein Van de Vaart en sy bemanning op hul soeke na niks, na alles, na liefde, na vriendskap, na skatte … en na ‘n rare pappegaai.

Die Val

Wanneer dit voel asof alles inmekaar begin tuimel, wil Melissa Strauss net haar oë toemaak, oorgee, val en vergeet.

Grondpad

Grondpad, ’n splinternuwe 4×4-avontuurprogram saam met Appel, Wolfie, Len en Lee en nog ’n paar vriende.

Orkney snork nie- reünie

Die AfriForumTV-span kuier saam met die ou gardes van Orkney snork nie.

Jabie

Jabie is ‘n kinderreeks wat saam met kinders speel deur hulle te leer van verskillende dinge in die wêreld.

Vir enige navrae stuur ’n e-pos aan navrae@afriforumtv.co.za. Jy kan ook AfriForumTV op Facebook, Instagram, Twitter en TikTok vind, waar inligting oor ons programme gedeel word.

Sonder JOU is hierdie afdeling nie moontlik nie. Word deel van ons familie waar ons lewe blaas in geskrewe draaiboeke en idees.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kersfeesvieringe in Dubai

Kersfeesvieringe in Dubai

Deur Lorey Harfield Omdat ek sedert ’98 in Dubai woon, is die belewenis van Kersfees hier ’n mengelmoes van kulture teen die agtergrond van sonnige dae. Alhoewel ons in ’n stad met sterk Islamitiese wortels is, raak Dubai tydens Kersfees werklik op ’n unieke manier...

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest