Leesvordering:

Afrikaans gedy in Gent

Aug 13, 2015

Die Gereformeerde Sendingpos in Gent waar ek elke tweede Sondag by inskakel, gebruik van tyd tot tyd vir een van die Psalms in die Erediens, die 1936-beryming van Totius, na aanleiding van my teenwoordigheid, maar eintlik as ‘n tradisie wat begin het etlike maande voor my koms tydens die kort verblyf in Gent van ‘n Gerformeerde gesin uit Pretoria (deel van navorsingswerk by die einste Universiteit van Gent).

Vir die interessantheid kan ek noem dat hierdie Sendingpos verbonde is aan die Christelijke Gereformeerde Kerk, Dordrecht-Centrum, op sy beurt ‘n gemeente van die Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland, een van die Gereformeede Kerke in Suid-Afrika (GKSA) se heel oudste buitelandse susterskerkverbande, en met ‘n geskiedenis wat teruggaan na die 1834-Afscheiding in Nederland wat ‘n feitlik identiese parallel in Suid-Afrika gehad het by die daarstelling van die GKSA in 1859.

Gereformeerde Sendingpos in Gent:
http://ecrgent.be/

Christelijke Gereformeerde Kerk, Dordrecht-Centrum:
http://www.cgkdordrecht-c.nl/

Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland:
http://www.cgk.nl/

Dus in Gent word daar nie alleen in sommige kringe Afrikaans gestudeer nie, maar ook selfs in Afrikaans Psalms gesing!

Mooi bly
Josef du Toit

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest