Leesvordering:

Afrikaans is Lekker 2019: Australië – Nieu-Seeland

Feb 28, 2019

Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland gehou word. Die Suid-Afrikaanse byeenkoms word aangebied deur South African Events. South African Events is bekend vir die reël van Suid-Afrikaanse geleenthede in Australië, Nieu-Seeland, en Kanada.

Wêreldwyd tree weer as hoofborg vir die Afrikaans is Lekker 2019-toer in Australië en Nieu-Seeland op, omdat dit vir ons belangrik is dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel kan saamkom en steeds hul Afrikanerskap kan vier – of hulle nou gaan terugkom of nie. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs, en ons kan nie bekostig om hulle te verloor nie.

Die optredes vind in Augustus in Wellington, Auckland, Brisbane, Melbourne, Perth, en Sydney plaas.

Kom sing en lag saam met hierdie ongelooflike kunstenaars:

9 Augustus Wellington – Jo Black, Jak de Priester en Saarkie.
10 Augustus Auckland – Steve Hofmeyr, Jo Black, Jak de Priester, Brendan Peyper en Saarkie.
11 Augustus Brisbane – Steve Hofmeyr, Jo Black, Jak de Priester,  Brendan Peyper en Saarkie.
16 Augustus Melbourne – Steve Hofmeyr en Jak de Priester.
17 Augustus Perth – Steve Hofmeyr, Jo Black, Jak de Priester en Saarkie.
18 Augustus Sydney – Steve Hofmeyr, Jo Black, Jak de Priester en Saarkie.

Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop.
Gaan like ook SA Events se Facebook-blad  om op hoogte te bly van enige nuwe inligting.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest