Leesvordering:

Afrikaans is Lekker 2020 – Kanada

Mar 10, 2020

Kom geniet Steve Hofmeyr en Jak de Priester saam met South African Events in Kanada. Afrikaans is Lekker gaan elke jaar jou gunstelingkunstenaars Kanada toe bring. South African Events het ‘n hele paar jaar gelede in Australië en Nieu-Seeland begin met Afrikaans is Lekker. Dit is deesdae die voorste Afrikaanse geleentheid wêreldwyd, en voortaan word Kanada ook ingesluit.

Ons is trots om weer op te tree as borg vir die Afrikaans is Lekker 2020-toer in Kanada. Wêreldwyd en South African Events stap al ‘n lang pad saam en ons sien uit om hierdie jaar weer deel te wees van hierdie kuiergeleentheid vir Suid-Afrikaners in die buiteland. Afrikaans is Lekker gaan in 2020 ook ‘n draai maak in Londen en Dublin so vertel jou vriende en familie wat daar woon om op die uitkyk te wees!

Kom sing, lag en raak nostalgies saam met hierdie ongelooflike kunstenaars wanneer hulle in Toronto en Calgary optree.

Die datums is soos volg:

26 Junie 2020: Toronto
27 Junie 2020: Calgary

Koop kaartjies vir Toronto

Koop kaartjies vir Calgary

Maak seker jy loop nie hierdie optrede mis nie. Deel asseblief met al jul vriende en bring sommer ’n paar saam.

Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop of stuur ‘n e-pos na events@southafricanevents.com

Teken ook in op Wêreldwyd se Kollig nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie! Daar mag dalk net ‘n verrassing of twee uitgedeel word.

Kyk wat het Steve Hofmeyr te sê oor die Afrikaans is Lekker toer in Kanada:

Kyk ook wat sê Jak de Priester:

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest