Leesvordering:

Afrikaans is Lekker 2024: Londen

Feb 28, 2024

Afrikaans is Lekker is ’n fees van Afrikaanse musiek en kultuur. Dit word aangebied deur South African Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd.

Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Refentse, Bobby van Jaarsveld en Jo Black gaan in Mei vanjaar Londen behoorlik op horings neem in ’n reeks musiekvertonings wat ook in onder meer Dubai en Amsterdam aangebied gaan word. Dié topklaskunstenaars gaan ongetwyfeld die gehoor betower met hulle treffers en onvergeetlike vertonings.

Die optredes vind op hierdie datums plaas:

24 Mei 2024 – Dubai
Kunstenaars: Jo Black, Refentse en Bobby van Jaarsveld.

Koop kaartjies hier.

25 Mei 2024 – Amsterdam
Kunstenaars: Jo Black, Refentse, Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore.

Koop kaartjies hier.

26 Mei 2024 – Londen
Kunstenaars: Jo Black, Refentse en Bobby van Jaarsveld.

Koop kaartjies hier.

Die konserte is moontlik gemaak deur SA Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd. Hierdie konserte bied ’n unieke geleentheid vir Suid-Afrikaners in die buiteland om ’n stukkie van hul kultuur en musiek te geniet met ’n tikkie heimwee.

Breytenbachs Immigration Consultants is die trotse borg van die VK-visas vir al die kunstenaars.

Vir meer inligting en om kaartjies te bespreek, besoek gerus South African Events se webtuiste, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie!

Die Afrikaans is Lekker 2024-toer beloof om een vir die boeke te wees. Kom deel in ’n fees van musiek en kultuur en raak deel van ’n gemeenskap oor landsgrense heen. Ons sien uit daarna om jou by Afrikaans is Lekker 2024 te verwelkom!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest