Leesvordering:

Afrikaans is Lekker-konsert oortref alle verwagtinge

Sep 28, 2017

Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat gehou word in Australië en Nieu-Seeland. Die Suid-Afrikaanse byeenkoms word aangebied deur South African Events. Vanjaar het kunstenaars soos Emo Adams, Liza Bronner, Refentse, Ricus Nel en Steve Hofmeyr Suid-Afrikaners in die buiteland vermaak.

Volgens Sue-Ann de Wet, AfriForum se projekkoördineerder vir Suid-Afrikaanse Diaspora het vier van die vyf konserte uitverkoop. Ná slegs twee konserte was die kunstenaars se CD’s uitverkoop. Wêreldwyd het as trotse borg opgetree vir Afrikaans is Lekker. “Ons borg, want dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners buite ons land informeel kan saamkom en steeds hul Afrikanerskap kan vier, of hulle nou gaan terugkom of nie. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs en ons kan nie bekostig om hulle te verloor nie.”

Die 2017-toer het die naweek tot ’n einde gekom in Sydney. Daar was ook optredes in Brisbane, Perth, Adelaide en Auckland.

Hier is wat die sterre oor die geleentheid gesê het:

Steve Hofmeyr

Dankie aan elke oud-Suid-Afrikaner wat kom gesels het. Dankie veral vir families wat tot 1 300 km gereis het om te kom saamkuier. Dankie vir jul stories van hartseer, verlange en sukses. My trots ken geen grense nie. Ek sien soms hoe 800 mense gelyk ’n knop in die keel wegsluk as ek Liefling sing. Almal onthou iets êrens. Die nostalgie loop hoog hier en almal verlang na Suid-Afrika en baie ekspats kuier gereeld by oumas en oupas en niggies en neefs in Suid-Afrika.

Ek vra altyd van waar hulle kom: Durban, Bloemfontein, Kempton Park, Stella, Rustenburg, Brits en Vereeniging. Al die kinders praat nog Afrikaans. Ek’s stomgeslaan.

Emo Adams

Wat ’n ongelooflike toer hierdie jaar met #AfrikaansIsLekker. Die liefde van die Suid-Afrikaanse gehore het my ’n traantjie laat pink. Die gevoel van samesyn en gemeenskap was oorweldigend.

Meer so was dit die kombinasie van sangers wat saamgevoeg was op hierdie toer. Daar was iemand vir elke smaak. Wat my die meeste beïndruk het, was die respek wat die kunstenaars teenoor mekaar getoon het.

Geen politiek, geen ego’s… Net goeie musiek, en die gehore kon dit optel.

Mens het nie keuse nie maar om lig te skyn op South African Events vir die tipe shows wat nie net vermaak bring nie, maar ook Suid-Afrikaanse gemeenskappe by mekaar bring en hou… Dit gaan ook natuurlik hand aan hand met amazing borge.

Ricus Nel

Al wat ek kan sê van ons Australië- en Nieu-Seeland-toer genaamd ‘Afrikaans is Lekker 2017’ is dit is onvergeetlik! Ons het memories gemaak. Wat ’n belewenis. Beslis ’n hoogtepunt in my lewe. Om weer te kom kuier vir ou Suid-Afrikaners en selfs voor voller gehore te sing as soms by vertonings in Suid-Afrika, is onwerklik. Vanaf die verhoog kon ek mense sien huil en dan weer lag en dan weer huil en weer lag. Soveel waardering; soveel emosies. Ns. Ons moet net volgende keer meer CD’s saambring. Dit het soos soetkoek verkoop!

Vir Arno Nel van South African Events en ook aan Wêreldwyd kan ons net dankie sê! Julle het dit ook so spesiaal vir ons van die verhoog af gemaak! Ek wat sportMAL is, het die voorreg gehad om in Adelaide die Oval-krieketstadion te sien en kon in Auckland op Eden Park-stadion se rugbyveld rondloop, ek meen wie kan dit almal sê? Wat ’n voorreg. Ons was regtig getreat! Al wat ek kan sê is lank lewe ‘Afrikaans is Lekker’ en ek kan nie wag om weer te kom nie!

Liza Bronner

Afrikaans is lekker… wow, wat ’n belewenis! Ek is so dankbaar en bevoorreg om deel te kon wees van die 2017 Afrikaans is Lekker Australië- en Nieu-Seeland-toer! Arno van SA Events, sy span en Wêreldwyd het so baie moeite gedoen vir ons. Baie dankie! Ek was verstom om te sien hoe baie die mense ons waardeer, ek het tuis gevoel by elke show. Die mense se harte was so oop vir ons liedjies en stories. Om elke show voor ’n volgepakte saal te sing, was ’n onbeskryflike gevoel en die geselsies, trane en lag ná die tyd het my diep geraak. Ek kon ook nie vir lekkerder mense vra om die toer mee te deel nie: Steve Hofmeyr; Emo Adams; Refentse; my man, Ricus Nel; en natuurlik ook ons tegniese span: Kappie, soos ons hom noem (Pieter Jan Kapp) en Divan het my lekker aan die lag gehou. Ek kan nie net aan een hoogtepunt dink nie – die hele toer was een groot hoogtepunt in my lewe! Ek hoop ek kan weer so bevoorreg wees. My hart is vol!

Konsertgangers het ook op sosiale media hul ervaring van die optredes gedeel:

Dankie dat julle kom kuier het en bietjie Afrikaans en kultuur saamgebring het! Sien julle gou weer! – Teresa Meyer

Hierdie was maklik die beste konsert wat ek tot nou toe in Australië gesien het – Daléne Pretorius

Dit was ’n uitstekende konsert. Sien uit na volgende jaar. – Laurika de Lange

Hierdie konserte to[p] al die vorige konserte. Dit was fantasties. – Jenny van Wyk

Selma Swarts het hierdie foto gedeel en op Refentse se Facebook-blad geskryf: “Niemand was natuurlik gelukkiger om jou hier te hê as jou eerste aanhanger in Australië nie.”

Volgens Arno Nel, van South African Events en organiseerder van die Afrikaans is Lekker-konserte, was dit ’n voorreg om saam met Steve Hofmeyr, Emo Adams, Ricus Nel, Liza Bronner en Refentse te kon toer. “Elkeen het sy stukkie Afrikaans en soveel meer vir ons gegee. Dit was ’n reusetoer wat die gemeenskap in Australië en Nieu-Seeland saamgesnoer het. Volgende jaar maak ons weer so,” sê Nel.

Afrikaans is Lekker 2018 se eerste drie optredes is reeds aangekondig. Auckland (15 Junie 2018), Brisbane (16 Junie 2018) en Perth (17 Junie 2018). Die toer sluit in sterre soos Theuns Jordaan en Refentse. Meer inligting en verdere optredes sal later bekend gemaak word. Kaartjies behoort teen Januarie 2018 beskikbaar te wees.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest